Toortsie @ Finesse

Toe my boek verlede jaar ‘n werklikheid word en ek dit in my hand hou en daaroor blog, het Girl van die Suburbs vir my gesê: “Kyk hoe vergroot God my grondgebied.” En ja, kyk hóé hét Hy my grondgebied vergroot.

Jabes bid dat God sy grondgebied moet vergroot, en wat daarmee bedoel was, dat Hy die gebied waar hy (Jabes) vir Hom (God) werk, moes vergroot. Die boek neem heelwat groter afmetings aan as wat ek in my wildste drome gedroom het. Gisteraand laat bel iemand my en vra: Het jy gedink dit sal so ver vorder? 🙂 Nee!

Maar met vergrote grondgebied in my agterkop, kry ek (ons) so ‘n rukkie terug ‘n boodskap op ons faceboekblad. Dis van die elektroniese redaktriese van Finesse wat vra of ek en Kameel nie vir hulle op ‘n blog wil skryf nie. Ek het gereageer en sowaar!, dit het realiteit geword. Uit die korrespondensie het geblyk dat ek moes skryf oor vrouwees, vir vroue tussen 35 en 55. Oor ‘n Beter Jy.

Tik my met ‘n veer om! Wat ‘n vergroting van my grondgebied! Wat ‘n voorreg! My mond hang letterlik oop.

Dit kom daarop neer dat ons bloggers, dit lyk of daar omtrent 20 van ons is, een keer per week ietsie gaan skryf. As jy al die blogs wil sien, kan jy HIER kliek. As jy wil sien of ek die waarheid praat, en dalk sommer net soms wil gaan lees wat die Toortsie@Finesse babbel, is HIER die plek om te kliek.

Daar is blogs oor SELF (waarby ek is), Geloof, Gesonde leefstyl, Huwelik en Ouerskap. Elkeen van die afdelings het sy eie bloggers wat daaroor gaan skryf.

So, VANDAG het ek die epos gekry: Dit is aan die gang! Gaan loer gerus in en lewer asseblief kommentaar daar.

Groete

Toortsie

Kan jy dit sowaar glo? Huh? Regtig egtig glo? Sowaar? Joe!

Kom ons kyk wat word.

Sjoe!

Spring op en af van opgewondenheid. (dis nou ek)

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging. Bookmark the permalink.

19 Responses to Toortsie @ Finesse

  1. Dis fantastiese nuus, Toortsie! Veels geluk en jy verdien dit!

    Like

  2. Joe, baie baie geluk!!! Kan is ek nóú maar jou handtekenng kry?😉

    Like

  3. Pixie sê:

    Wow Toortsie, dis is absoluut awesome!!!! Dis nogal ‘n droom van my om vir ‘n tydskrif te gaan blog, of ‘n rubriek te skryf. Dit wys jou nou net, sulke dinge gebeur wel met gewone mense. Ek is so bly vir jou. Gaan beslis lees.

    Like

  4. Maar dit is te wonderlik! Baie geluk – stoot daai toortsstraaltjie (ek dink nie mens kan hierdie laaste stuk met los valstande sê nie).

    Like

  5. Baie geluk… ons kry nou vername vriende. Ek gaan belis met julle spog!

    Like

  6. Baie geluk! Geniet dit net – dis die belangrikste!

    Like

  7. Wow, ek voel ook saam met jou opgewonde oor die nuwe “grondgebied”wat jy en kameel nou betree. Dis wonderlik. Baie geluk en geniet dit!

    Like

  8. Sjoe, dis wonderlik – bevestiging dat julle bloggers van formaat is – soos ons hier op WP lankal weet!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s