Emosionele eters

‘n Emosionele eter. Dis wat ek is. Eintlik word ons dalk kleintyd al só geleer: Huil ons, word die bottle melk in ons mond gedruk; was ons oulik of soet, word ons beloon met ‘n lekkertjie.

Ek het een dag dít geleer van alkoholisme: ‘n Alkoholis het áltyd ‘n rede om te drink: Hy drink omdat die Springbokke wen, of omdat hulle verloor, of sommer by voorbaat omdat hulle speel. Ek vergelyk my eetverslawing baie keer met alkoholisme. Ek eet as ek bly is, as ek hartseer is, as ek honger is. Het my dogter by die eistedfodd skoonskip gemaak? Dan EET ons. Het sy ‘n swak dag gehad, EET ons. Wat is in elk geval lekkerder as ‘n mens hartseer of eensaam is, as ‘n sjokolade? Wat troos beter op ‘n koue wintersdag as ‘n bakkie heerlike, dik sop?

Dís wanneer die meeste van ons, wanneer ons ‘n verslankingsdieet volg, van die wa af val. Solank dit goed gaan met die emosies, en met die gewig, solank die skaal ons goedgesind is, werk dit, maar kom die reëndae in ons lewe, foeter dit, want dan het ons koestering nodig, en wat koester enigsins beter as EETGOED?

Dankie tog vir Banting. Dankie tog dat dit ‘n menslike eetprogram is. Voorheen sou ek op sulke dae totaal van die bus afgeval het. Sien, ek sou in die eerste plek die HOEVEELHEDE totaal oorskry het, en gewoonlik, as ek my eerste hap oortree het, sou die volgende een volg, en dan? Wie sal nou worrie? Dán het ek geëet vir die eerste span, sommer álles geëet wat voorkom, alles waarvan ek myself die afgelope tyd weerhou het. Eet, eet, eet. Vreet, vreet, vreet! Net om more sleg te voel omdat ek misluk het en sommer die hele proses te h e r h a a l !!! Ken julle daardie gevoel?

Dankie tog vir Banting. Banting is níé ‘n oorvreet program nie, inteendeel, die gedagte is dat ‘n mens oor tyd met Banting selfs minder kan eet, omdat jy sulke vullende kos eet, en omdat jy eet soveel soos jou liggaam benodig. Maar kom die emosionele dag, is dit nie die einde van die wêreld nie! Jy hoef nie van die bus af te val nie! Jy mág maar eet! Ja!

Die geheim is om sulke tye veral koesterkossies te eet, eetgoed met ‘n hoë vetinhoud, goed wat jou laat góéd voel. Die mees besonderse kase wat jy kan kry. Salami. Bak vir jou ‘n koek-in-‘n-koppie met kakao vir die sjokoladelus, of wat van sjokolademoes op die Bantingmanier? Biltong, droëwors! Neute na hartelus.

Ken jy die gevoel? Ék ken hom beslis!

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosfaceboekblad.

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER.

Toortsie se Faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge and tagged , , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Emosionele eters

  1. Oeps vir my cholesterol!

    Like

  2. nowathome sê:

    Ken ook daai gevoel!! Dankie tog vir banting!

    Like

  3. Ida sê:

    Ek sal iets MOET doen van my kind oorlede is het ek 30kg opgetel. Was al oorgewig maar dit is of ek oorgegee het. So ek moet net erens begin.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s