Ester

image

Ek het nie die aanvangsparagrawe van die boek, Ester, deur Kerneels Breytenbach, geniet nie. Die skryfstyl was so tipies polisieman. Ek hou ook nie van politiek nie.

Ek is so verskriklik bly dat ek verby bladsy een gelees her, want wát ‘n storie! Die skryfstyl het ook verander, die politiek was teenwoordig, maar die eintlike storie is ‘n treinrit vanaf Windhoek na Kaapstad.

Saam met ‘n Duitse spioen, ‘n AO van die polisie, ‘n advokaat, ‘n treindrywer en stoker beleef die leser ‘n paar dae op die trein en alles wat daar gebeur. Die samesyn met groot boeremusiekname in die eetsaal, lus, jaloesie …

Die verhaal speel af kort na die Tweede Wêreldoorlog in ‘n tyd wat die hele wêreld swaarkry en weer sy vere begin regskud. Die inpak van die oorlog is steeds te sien. Maar jy kry soveel meer as ‘n bietjie na-oorlogse denke. Jy is saam op daardie trein, ‘n passasier, word deel van die hoofspelers se lewe.

‘n Boek wat ek met graagte aanbeveel. Ware leesgenot, uitstekend geskryf.

Groete

Toortsie

15 thoughts on “Ester

  1. Uiteenlopende opinies maak my juis nuuskierig oor ‘n boek. Ek dink hoeka ek lees nie genoeg Afrikaans nie. Ek dink ek sal maak soos Daniël sê, ‘n paar bladsye lees en dan besluit. Maar om dit te kan doen sal dit moet wag tot ek weer in SA kom (hopelik in Julie vir ‘n kort kuier).

    Like

  2. Sien dis hoekom ek nie Afrikaans lees nie 😆 My dogter was hoogs verontwaardig met my toe sy vertel sy koop nie by P&P nie want hulle ondersteun nie Afrikaans is groot nie. “Dit is hoekom ek by P&P koop, sê ek toe “want ek hou nie van Afrikaans nie.” Net ‘n grappie…. maar dit is so elkeen het sy eie smaak.

    Like

    1. Net so. Ek het besluit ek sal produkte ondersteun wat Afrikaans op het.
      Toe wil ek suiker koop. Die Afrikaanse suiker het die Halaal merk op, die Engelse suiker nie. Toe koop ek maar Engels. Mens kan nie altyd Halaalvry koop nie, maar ‘n sekere persentasie van die produk se orys gasn vir die bevordering van Islam ad jy Halaalprodukte koop. Dan verkies ek die een daarsonder.
      Persoonlike keuses. 🙂

      Like

Gesels saam, asseblief!