My kos-nuwejaarsvoornemens vir 2016

In hierdie jaar gaan ek NIE matigheid voor oë hou wat my kos aanbetref nie. Ek gaan NIE gebalanseerd eet soos wat die sogenaamde koskenners dit noem nie. Matigheid en gebalanseerd eet het van my ‘n vetsugtige gemaak.

Nee. Ek gaan voort om die Bantingleefstyl te volg. Ek gaan steeds alle stysels en suikers uit my dieet sny. As ek deesdae aan ‘n ‘regte’ kaaskoek proe, kan ek nie dínk hoe iemand so ‘n walglike soet ding in hulle kele afgedruk kry nie!

Ek gaan wel gesond eet.

Ek gaan eet wanneer ek wil, waar ek wil, hoeveel ek wil. As my liggaam die dag vir meer kos vra, gaan ek vir hom meer kos gee. Vra hy die dag nie eintlik kos nie, sal ek niks in my keel afdwing nie.

Ek sal na niemand anders luister wat vir my wil vertel hoeveel ‘n porsie kos kwansuis is nie. Die enigste een na wie ek sal luister, is my EIE liggaam. Hy weet die heel beste.

Ek sal voortgaan om REGTE kos te eet. Regte botter. Regte vleis. Regte eiers. Regte vel aan regte hoender. Regte kaas. Regte room. Regte avokado’s. Regte groente. Nie ‘n spul goed wat as kos opgedis word, wat lyk soos kos, selfs proe soos kos, maar waarvan al die voedingswaarde uitgehaal is nie. Geen laevet dit, laevet dat nie. Nee, volroom mayonnaise, volroom, selfs dubbelroom yoghurt, gewone fetakaas, nie laevet feta wat soos rubber lyk en proe nie. Varktjoppies MET vet aan. Weet julle hoe lekker maak lieslappe jou pot? Lieslappe in klein repies gesny, saam met jou ander kookvleis? Mmmmmm … heilsaam! Natuurlik groente by elke ete.

So nou weet julle wat ek gaan maak, dis eintlik presies dieselfde as wat ek in 2015 gedoen het. Dis natuurlik net mý besluit, julle mag doen nét wat julle wil! Onthou om jou dokter te raadpleeg voor jy die Bantingleefstyl begin volg.

Terloops, my ‘Toortsie se Bantingboerekos’ verkoop heel mooi en die terugvoer is goed. Loer gerus op my faceboekblad, ‘TOORTSIE SE BANTINGBOEREKOS’. Dit is al by party winkels hier in Bredasdorp en Struisbaai beskikbaar. Die beste is maar posbestelling. Kyk bo-aan hierdie blad, BESTEL TOORTSIE SE BANTINGBOEREKOS HIER. Jy doen ‘n inbetaling en ek pos dit graag vir jou. O, en as jy dalk ‘n winkel het en dit daar wil verkoop, ek hoor graag van jou!
Lekker eet in 2016!

Toortsie

En indien jy dalk mag wonder, ek is doodernstig! O ja, en ek is nie meer vetsugtig nie, danksy Banting.

In opdrag van Scrapydo

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to My kos-nuwejaarsvoornemens vir 2016

  1. Ek is bly dit het vir jou gewerk.’n Pragtige nuwe jaar vir jou!

    Like

  2. Ek is baie bly oor jou boek. Hoop dis ‘n mooi jaar vir julle.

    Like

  3. Dis goed, luister na jou eie liggaam. My pa het baie gewig verloor deur suiker en verfynde stylsels uit te sny en sy bloeddruk ook in die proses mooi afgebring. Daar is definitiewe voordele. Alles wat mooi is vir die nuwe jaar.

    Like

  4. nowathome sê:

    Ek stem saam!! Dis die lekkerste eetwyse!

    Like

  5. Terug pieng: Toortsie se Toeka Tokkel oor nuwejaarsvoornemens | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 2: Vakansie – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s