Toortsie se Pan-omelet

image

image

Braai 1 pakkie baconstukkies en 1 ui saam in die bacon se vet in ‘n groterige pan.
Klits intussen, solank die bacon en ui braai, 6 eiers en 125 ml room. Geur die eiermengsel met sout en peper. Oppas vir te veel sout, die bacon is reeds sout.
Sodra die bacon en uie lekker gebraai is, word dit egalig oor die hele pan se oppervlak versprei.
Gooi die eiermengsel egalig oor die gaar baconmengsel. Laat dit bak.
Wanneer die eier begin gaar word, lig die rant effens en versigtig met ‘n eierspaan op sodat die rou eier onder dit kan inloop. Doen dit verskeie kere totdat die rou eier alles onder die omelet ingewerk is.
Gooi omtrent 250 ml gerasperde kaas oor.
Verminder die hitte en sit ‘n deksel op. Gee die omelet kans om dwarsdeur gaar te word en die eier kans om te smelt.
Sny die omelet in skywe en bedien met tamatie. Die omelet word nie toegevou nie.

Hierdie is vir twee honger mense. Vermeerder slegs die eier as julle meer mense is.

Banting is lekker!
Besoek Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad waar ek oulike bloginskrywings wat ek teëkom, pos.
Besoek Toortsie se Bantingboerekos se faceboekblad om meer te hoor van die boek wat pas verskyn het.
Besoek Toortsie op Pinterest vir allerhande lekker Bantingresepte en vele meer.

Groetnis
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Toortsie se Pan-omelet

  1. Lekker bly lekker maak nie saak hoe min of baie bestanddele mens bysit nie.

    Liked by 1 person

  2. Klink en lyk heerlik! Dis amper 11uur, en nou is ek vreeslik honger.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s