Ouma se oefensessie

As Sus en Daan kom kuier en ons soggens nog ‘n bietjie tyd verwyl in die bed met trekkers en lorries en boeke, kry ouma ‘n oefensessie soos min.

Dis harde elmboë en knieë wat hard druk op elke moontlike sagte plekkie op ouma se lyf. Soms moet ouma koes vir ‘n hou, dan weer dink iemand ouma se maag is ‘n trampolien.

Gelukkig is daar darem liefies ook tussenin. Hier moet ‘n maagspier vinnig styftrek, daar moet ouma ‘n elmboog sagkens skuif. Soms is daar ‘n onverwagte maagmassering.

Ouma ontdek sy het spiere op plekke wat sy nooit geweet het nie. Die ou swak rug eis ook maar sy tol en as ouma nie voorbereiding getref het deur haar nek- en rugoefeninge te doen nie,  sê sy maar behoorlik les op.

Dis net so lekker, ouma verruil die vir niks, want als is oorvloedig: Die liefde, die drukkies.
Wat ‘n voorreg!

Toortsie

Toortsie se faceboekblad. 

8 thoughts on “Ouma se oefensessie

Gesels saam, asseblief!