Toortsie se Toeka Tokkel oor Biblioteek

In opdrag van Scrapydo, maar dit wil vir my lyk ek het die bus gemis! Die bus het reeds vertrek en die volgende opdrag is reeds daar. Ai.

As jongmens was ek ‘n ywerige boeklener by ons plaaslike biblioteek. Ek het egter die gewoonte gehad om die boeke laat terug te neem. Deesdae is dit vir my makliker om boeke te koop, maar eintlik is dit soveel slimmer om aan ‘n biblioteek te behoort. Jy kan soveel geld spaar!

Eintlik wil ek skryf oor skooltake. Toe my seuns in die laerskool was en begin het met skooltake, was hulle in die koshuis. Ek het vir hulle die opdrag gegee om na die biblioteek te gaan, vir die tannie te vra om hulle te help om die inligting te kry, afskrifte daarvan te maak en dan kon ek hulle verder help daarmee. Dit het goed gewerk. Hulle moes eintlik hulle eie take doen. Ek sou help met die opsom, of die vertaling, maar ek wou hê dit moet hulle taak, met hulle werk wees.

Sies tog, hulle moes kompeteer teen die mammas en pappas wat baie van die ander kinders se take gedoen het. Dit was eers in hulle latere lewe wat hulle die vrugte daarvan begin pluk het. Hulle hét seker maar swaar gekry kleintyd, maar hulle het baie waardevolle lesse daardeur geleer. Eerstens was die inligting in hulle eie koppies as hulle die taak voltooi het, in plaas van in die mamma s’n, maar hulle het geleer om self inligting te versamel, self dit te verwerk en self deur te gee. Die taak wat hulle ingegee het, was ‘n eerlike taak van hulle eie vermoëns.

Hier op my oudag kom die duiwel baie by my krap. Het die arme bibliotekaresse tyd gehad om dit te doen? Sies tog, hulle het so min sakgeld gekry, moes hulle nog die fotostate ook daaruit betaal?

a 001a 002Ek het twee boeke gehad wat baie gehelp het: “Alles oor Suid-Afrika” en “Die groot Geïllustreerde Ensiklopedie”. Daarin was meer as genoeg inligting wat ‘n laerskool, en selfs ‘n hoërskoolkind benodig. ‘n Vriendin wie al haar kinders se take doen, se verweer is dat daar deesdae ‘n ooraanbod van inligting is, wat sekerlik waar is. Ek glo dat ‘n mens nie nodig het om elke moontlike bron te bestudeer nie. As jy op ‘n oulike bron afkom, gebruik net dit, tensy jy regtig nog inligting nodig het. Ons werk met skoolkinders, nie universiteitstudente nie.

Behalwe hierdie twee boeke, het die internet in my meisiekind se laaste skooljare baie gehelp. Aanvanklik het ‘n mens slegs hollandse stukke gekry as jy ‘n Afrikaanse woord sou google.

Baie mense vra: Wat van die kinders wat nie internet het nie. Hoe gaan hulle die take doen? Ek dink op die ou, uitgetrapte, manier: Die biblioteek. Daar is opgeleide persone wat presies weet waar om te soek. Daar ís gratis inligting beskikbaar vir kinders wat dit soek.

Lank lewe die biblioteek!

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories and tagged , . Bookmark the permalink.

17 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor Biblioteek

  1. Ek stem vir die biblioteek!Ons is goed onderrig hoe om naslaanwerk te doen.Deesdae Google almal en ek is nie altyd seker of dit wat mens daar kry,korrek is nie.Daardie storie van die mammas se take sal altyd met ons wees!Al manier hoe om dit op te los,is dat die kinders die take in die biblioteek doen tydens ‘n vasgestelde periode.Dan kan net hul eie werk tel!

    Like

  2. Toemaar Toorts. Dit voel of ek ook agter bly met Scrappy se opdragte. Het nou eers my opdrag oor WATER kon publish.
    Wat die outydse studietyd in die biblioteek betref, stem ek saam. Daar was ‘n heel ander besondere atmosfeer in die biblioteek. Ja, vandag is dit makliker, maar ek like nog daardie ‘gevoel’ van bladsye tussen die vingers, en soms is dit lekker om in jou EIE boeke aantekeninge te maak en krap.

    Like

  3. Kameel sê:

    Stilbly is ook mos ‘n antwoord 🙂

    Like

  4. Weet jy dit was altyd vir my die lekkerste tyd van die dag as ek in die studiebiblioteek kon werk terwyl ek in bib gewerk het. Die kinders was mal daaroor om om die tafels te sit met hul hulpbronne wat ek vir hul uitgesoek het. Die wat nie fotostate kon bekostig het gesit en skryf. Meestal het hul darem n 20 sent gehad op n prentjie af te druk! Lekker ou dae!

    Liked by 1 person

  5. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 45 : Toneelspelers | I scrap 2

  6. Manewales sê:

    Ek hoor daar is ‘n paar slim onderwysers daar buite wat kinders “forseer” om weer die biblioteek op te soek. Hulle moet blykbaar meer as een bron gebruik en die internet tel net as een bron, ongeag hoeveel verskillende webwerwe se inligting hul gebruik. Ek hoor die ma’s kla, maar dit bring vreugde in my hart, want wat sal ‘n wêreld sonder biblioteke wees!

    Ek het ook ‘n ma gehad wat nie vir ons ons werk gedoen het nie en dit was ‘n goeie ding. Mens leer so baie in die proses, al kry jy dalk swakker punte as die siele wie se ma’s help. Op die lang duur het jy gewen en hulle verloor.

    Liked by 1 person

  7. Terug pieng: Hoe gemaak as jy nie professionele hulp vir jou kinders kan beskostig nie? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s