die krag, o die krag

Iemand skryf ‘n brief aan RSG en vra hoekom hulle dan nie beurtkrag op ‘n Sondag het nie, in plaas van in die week. Die meeste mense het af op ‘n Sondag, so dit sal dalk die minste mense ontwrig.

Sy verstaan dit, soos baie mense, dat krag opgegaar kan word. So, as ons dan op ‘n Sondag amper heeldag geen krag het nie, is daar mos genoeg opgepot vir die res van die week.

Die probleem is, het iemand aan my verduidelik, dat krag nie opgegaar kan word nie. Daar’s nie batterye waarin die krag gestoor kan word nie. Krag word nou vervaardig vir nou se verbruik. Sê ek nou reg? Eskom kan soveel krag op ‘n slag vervaardig, en as ons op ‘n gegewe oomblik daardie maksimum oorskry, word beurtkrag ingestel. Ek dink dis een van die redes, dink ek, hoekom dit so werk dat hulle die een oomblik aankondig dat daar geen beurtkrag gaan wees nie, en net die volgende oomblik is ons in fase een en ‘n halfuur later in fase 2.

Juis om hierdie rede het ek die vraag oor die afsit van die geizer gevra. Want sien, die heel dag is die geizer af, en vanaand, wanneer dit reeds spitstyd is, sit almal dan gou hulle geizer vir ‘n halfuur aan om die water weer warm te maak. Almal gelyk, wat die stelsel dan net meer oorlaai.

Toe het ek nou só gedink, en ekself pas dit nog nie toe nie, ek dink nog maar net.

Ek weet baie mense het tydskakelaars (timers) op hulle swembadpompe en geizers en ander goed wat krag gebruik. Soos dit vir my klink, word die heel minste krag in die nag verbruik, van 10 nm tot so 6 vm, of is dit 5 vm? Is dit dan nie ‘n goeie ding om jou swembadpomp in die nag te laat loop, in plaas van in die dag nie? En as jy in elk geval jou geizer net ‘n halfuur elke 2 dae aanskakel, kan jy hom nie só stel dat hy dalk vanaf 4 uur in die oggend  loop sodat dit lekker warm is as jy opstaan nie? Dalk moet ons boervrouens die boud deur die nag in die oond druk, soos ons in die ou dae gedoen het. Droog jou beskuit deur die nag uit, ek doen nogals, en sit jou skottelgoedwasser aan net voor jy gaan slaap.

Die goed wat ek nou genoem het, is goed wat kan gebeur sonder dat jy dit die hele tyd hoef dop te hou. Die oond se tydskakelaar werk so maklik, so ‘n mens kan regtig van dit gebruik maak.

Watter voorbeelde kan julle nog noem van goed wat nie noodwendig in die dag hoef te gebeur nie, maar wat kan gebeur terwyl jy slaap, sodat die verbruik van die elektrisiteit meer versprei is?

Groete

Toorts

Ek plaas interessante bloginskrywings wat ek raakloop ons faceboekblad.

28 thoughts on “die krag, o die krag

    1. En nee, daar is nie ‘n antwoord nie. 🙂 Ek sal nooit die probleem kan oplos nie, ek dink sommer aan maniere wat ons onsself dalk kan help om die probleem te hanteer. Mooi dag vir jou.

      Like

      1. Doerdie tyd toe daar al begin is met die krag storie het ek gesorg dat alles gedoen is voor 5 en dan het ek rustig ontspan met n kersie aan tot 9 uur wanneer die krag weer aangaan. Toe was dit elke aand se ding nie elke keer n ander tyd nie.

        Like

  1. Ek skakel soggens die een geizer om 7 uur aan en na 2 ure af. Die ander een net as ek weet iemand gaan stort vir so n uur. Jy sal verbaas wees hoeveel keer dit onnodig aan en afskakel andersins. Ons sal waarskynlik nog hierdie jaar sonverwarmers opsit….

    Like

  2. My geyer kan nie aan en afsit sonder om die helfte van al die nodige kragproppe in die huis ook aan en af te sit nie , dws vrieskas ens. Dus doen ek dit nie. Vergelyk steeds ‘n geyser met ‘n urn wat water op konstante temp hou en dus vir kort rukkies aan en afskakel, ipv heeltemal koud en dan baie krag om weer warm te kry. Ek dink lg gebruik waarskynlik maar selfde of meer krag as eg en is gewoonlik op spitstyd. Ek was darem saans laat wasgoed ( met koue water) en jy sal my baie aande 1nm by wasgoeddraad sien, besig om op te hang. Die laaste bondel voor ek gaan slaap was terwyl ek slaap ( so 1vm se kant en dan hang ek dit die volgende dag op, So ek doen my deeltjie! Interessant ( en jammer) dat daar nou geen beurtkarag was in die middel van die prez se speech nie, ne?

    Liked by 2 people

  3. Ons het klein vyftienliter geyzertjies in die kombuis en stort laat insit.Die water word blisig warm en die krane hoef ook nie te loop vir warm water nie…dus water besparing ook.

    Liked by 1 person

  4. Ek het die geyser afsit ding probeer doen. Ek is jammer vir ESKOM, maar daar is nie ‘n kans dat ek elke oggend 4uur sal opstaan om die geyser aan te sit om te bad en skottelgoed te was nie. Ek het dit toemaar gaan afsit voordat ek gaan slaap het. Die dae wat die geyser 6 of 7 ure aan was, het meer elektrisiteit gebruik as die dae wat die geyser aangebly het. Ek het my gebruik gedokumenteer om seker te maak.

    Ek sien ook nie ‘n afname in my elektrisiteitsgebruik wanneer daar beurtkrag is nie. Toegegee, ek is gewoonlik by die werk wanneer die krag af is. Dan is alles af wat af moes wees. As ek egter nie saans elektrisiteit kan (mag) gebruik nie, het ek geen nut daaraan nie.

    Liked by 1 person

    1. Ek praat met die wie die feizer afsit en dalk ‘n timer ophet. Ek gaan ook nie my wekker vir 4 uur stel om my geizer aan te sit nie. Ons gebruiksgeizer bly naar aan. Ek glo steeds dit gebruik minder krag as die aan en afsit daarvan. As ek jou reg verstaan, het jy dit bewys.

      Like

    2. E ek ook mo. Ek i nie bang nie, maar ek gaan nie aans alleen in ‘n donker hui sit nie Nou op hierdie oomblik is my sitkamer, eetkamer badkamer, slaapkamer en buitelig aan en ek voel glad nie skuldig nie, want my skeinat onne het ons laat uitwerk hoe verskriklik min krag ‘n liggie gebruik So laat die ander maar bespaar op ligte,. Ek bespaar krag deur min kos te kook.

      Liked by 1 person

  5. Ek dokumenteer ook my kraglesings daagliks. Ek kan julle verseker op die dae dat beurtkrag toegepas word, grbruik ek gemiddeld 2kw MEER as dae waarop daar geen beurtkrag is nie. Ek sit my geyse elke dag vir sowat twee ure AAN. Enige tyd. Daar is ‘n geringe besparing. So ek dink behalwe die 35% verhoging wat Afkom wil afdwing, bedinges hulle nie net hulleself nie, maar ons ook. Dink die die ys en vrieskaste wat op sulke dae meer krag gebruik om weer koud genoeg te word.

    Liked by 1 person

  6. Dink ek het al gesê skoonseun het paar jaar gelede al timers op geysers laat aanbring. Dit was om die elektrisiteitsrekening laer te kry. Het hom nooit gevra of dit gewerk het nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!