boekwurm

Ek kry nie altyd so baie tyd vir lees nie. Maar vandat ek vir my ‘n Gobii E-leser by Kalahari gekoop het, lees ek baie meer! Want dis so maklik om altyd die klein ou dingetjie, in plaas van ‘n dik boek, byderhand te hê.

Danksy Seegogga het ek ‘n wonderlike fontein ontdek.  Seegogga het ‘n uitstappie vir hulle leeskring gereël en my saamgenooi om Chanette Paul te ontmoet. Ja, ek het al op haar blog gelees, maar nog nooit van haar boeke nie. Ter voorbereiding vir die groot dag, het ek inderhaas Labirint bestel.  Ek kon dit nie neersit nie! Die boek lees lekker en daar gebeur kort-kort iets, wat jou aandag behou.

Branders van liefde is ‘n bundel van twee romanses. Lekker ligte leesstof. Ek het die een sommer op die vliegtuig deurgelees. Selfs hierdie boekies is heerlik om te lees en ek het albei die stories geniet.

Toe trek die Maanschijnbaai tweeluik my aandag. Chanette waarsku my dat dit heel anders is as Labirint. Die storie oor die 4 slette van Maanschijnbaai het my net so gebind!  In hierdie boeke lees ek van dinge waarvan ek niks weet nie, huil en lag saam met elkeen van die 4 vroue. Ek geniet Sue, wie heeltemal anders as ek is, maar kry ook eienskappe in die ander karakters waarmee ek kan assosieer. 4 Vroue wat ‘n hele dorp kom wakker skud, wat dalk onnodig veroordeel word, en op die ou end elkeen haar merk maak.

Nou roep die Davels my, met Tamara as die eerste een in die reeks.

Hoekom hou ek so baie van Chanette Paul se boeke? Wel, eerstens hou ek van ‘n vroulike skrywer, ek vind altyd makliker aanklank by vroue. Maar elkeen van haar boeke wat ek tot nou gelees het, het gegaan oor ‘n vrou wat een of ander krisis in haar lewe beleef en dan dit oorkom. Opbouend. Groei.

Ek is nog lank nie klaar met Chanette Paul se boeke nie. Ek hoop julle geniet dit ook!!

Toorts

10 thoughts on “boekwurm

  1. Kindles ens bederf ‘n mens lekker. Wanneer ons weggaan vat ek net my kindle saam, en daar het ek my bybel, woordeboek en boeke, alles in een. 🙂

    Like

  2. Ek is in ‘n geweldige tweestryd oor die aankoop van ‘n eletroniese leser. Wanneer ek met my seuntjie se Ipod speel, brand my oë so na ‘n paar minute dat ek die ding maar liewer neersit. Ek werk ook heeldag op ‘n rekenaar, so my oë is amper reeds moeg as ek tuis kom. Is die e-leser nie baie erg op die oë nie? Mis julle nie die reuk van ‘n boek en om ‘n boek vas te hou nie?

    Like

    1. Sonlig, ek was NET SO skepties. Want jy betaal ‘n klomp geld vir die leser en dan moet jy nog die boeke ook koop. Toe, verlede jaar het ek op ‘n stadium 3 boeke bestel en elkeen was soveel duurder as die e-boek, saam met die posgeld en nog invoerbelasting ook. Dis hoekom ek toe die Gobii gekoop het, want dit was net R800, waarvan R160 ‘n boekbewys was. Die gobii het egter probleme – hy gooi jou uit die boek uit en dan moet jy weer soek, maar ek het geleer hoe om dit te “voorkom.”
      Okay. Jou oë. Ek vind nie dat dit my oë moeg maak nie. Dit het ‘n “backlight” wat ek donkerder of ligter stel, afhangende van die dag of nag wanneer ek lees. Dit maak dit beslis sagter op die oë. Die ander voordele daarvan is dat ek die letters groter kan stel, en dus baie makliker lees. Dit “onthou” waar jy laas was. Boeke is maklik R100 per boek goedkoper as die gedrukte een. En die GROOT voordeel: As jy met vakansie gaan, hoeveel boeke moet jy saamneem? nou is almal op die gobii en jy kan min of baie lees, jy het nie ‘n groot pak boeke by jou nie. en raai, ek mis nie die regte boeke nie. Nog nie nou nie. Ek weet wel dat ek dit dalk nie “vir ewig” kan hou soos my ander boeke nie. Maar die een groot voordeel is nou dat ek nie meer my beste boeke “uitleen” en nooit terugkry nie.

      Like

  3. O, en natuurlik vir my die grootste voordeel vir iemand wat tussen niks en nêrens woon, is dat ek die boeke onmiddellik kry. Binne ‘n paar minute. Dis te sê as ek internet het! 🙂 Die boeke word ook by Kalahari gestoor, so, as my rekenaar of e-leser iets oorkom, kan ek dit weer aflaai by kalahari. Ek dink tot 3 keer.

    Like

  4. Hallo Toortsie, ek moes jou nou sowaar ‘approve’! Dankie vir jou mooi skrywe oof Chanette Paul. Ek dink ook sy skryf besonder goed en leesbaar. lekker leesstof vir so ‘n vliegtuigry of seevakansie! Haar boeke het altyd ‘n lekker storie, goed vertel.

    Like

Gesels saam, asseblief!