Lê jou eier – Die feesseisoen

Jaar vir jaar gaan ons Struisbaai toe. Kersdag is ‘n groot geskarrel, want gewoonlik moet ek al 7 vm kiertsregop agter die klavier sit op Agulhas, en dan weer by die 9 vm diens op Struisbaai, saam met die musiekmakende familie en vriende die kitaar slaan.

Tussen die twee dienste word die kos reggeruk, sodat ons, sodra die kerkdienste verby is, die kerstafel kan regkry vir die groot eet.

Die laaste twee jare het ons die kos gegryp en ouetehuis toe gegaan en daar saam met die oumas ons kersmaal geniet. Verlede jaar het ons musiek gemaak by die Radio Kanseldiens.

‘n Paar jaar gelede was ons gesin in Australië by die familie. Kersdag is ons, soos dit ons gewoonte is, kerk toe. Daar was omtrent 17 mense in die kerk, meestal Suid-Afrikaners! Wat ‘n ander belewenis, as jy gewoond is aan die kersdienste op Struisbaai waar die kerk behoorlik uit sy nate bars! Daardie dag by Wongan Hills is daar nagmaal bedien en ek sal dit nooit vergeet nie. Die dominee het self vir elkeen bedien. Baie spesiaal.

Vanjaar se feesseisoen? Hester het mos gevra. Kom, ek speel vir julle musiek.

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=752602

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

19 thoughts on “Lê jou eier – Die feesseisoen

  1. Dit lees soos ‘n trip down memory lane… ek sal daarvan hou om deel van jou Kerstafel te wees Toorts. Ek sukkel met my gemoed so vanaf middel Okt en voel dan weer 100% in Januarie. Al vir jare en dit maak my skuldig voel teen my gesin. Ek gaan die jr hard probeer om mooi herinneringe te bou.

    Like

    1. Dit sal lekker wees om jou te hê.
      Weet jy, baie mense voel ‘af’ aan die einde van die jaar.
      My ma was konstant jaarliks vanaf Okt tot Des depressief en 1 Jan is als weer dooddollies.
      Moenie jouself kasty daaroor nie.

      Like

      1. Dit is presies so met my, 1 Januarie is alles weer in fokus vir my. Dit is rerig nie baie lekker nie, ek is in ‘n konstante oorlog met my gedagtes want ek het nie rede om so te voel nie – ek het so baie om voor dankbaar te wees.

        Liked by 1 person

        1. Ek het my ma s’n altyd toegeskryf aan oestyd en due regmaak vir vakansie, ens. Ek dink die skielike langer en warmer dae het ook ‘n invloed. Dalk eis die jaar maar net sy tol.
          Dit het my gehelp toe ek die patroon begin raaksien het. Voorheen het ek die fout by my gesoek. Later het ek dit net aanvaar. Klokslag elke jaar.

          Like

        2. Ek kan dink dat dit nie lekker sal wees nie. Waar woon jy? Kan ons nie TPM met jou probeer nie? Dalk is daar iets wat swaar op die hart rus. ❤️
          TPM Transformation Prayer Ministry

          Like

          1. Ek bly in CNT en ja, ek sal dit graag wil doen want dit voel of dit elke jaar erger raak. Maar ek dink ook dit het baie met my werkslading deur die jaar te make. Ek hoop om na die huisbou vlg jr bietjie af te skaal saam met my man. Ek bid baie daaroor en ek moet sê die Here is nog deur al die jare baie getrou as ek bid. ❤

            Like

  2. Dit klink bitterlik besig, maar vreeslik kekker, veral as dit ‘n groot familie bymekaar is. *fluister* moenie na my kant toe klap nie, maar ek verkies Bing Cosby se weergawe van White Christmas. Dis wat my ma altyd vir ons gespeel het op kersdag.

    Like

    1. Die gootte van die familie wissel elke jaar, maar ons tafel het altyd plek vir nog iemand. Dit gebeur soms dat ek hoor iemand is alleen vir Kersdag, dan nooi ek hulle. Watter verskil gaan dit aan my maak, maar aan daardie persoon maak dit ‘n reuse verskil.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!