Die ouers, of die kind?

Ek kan nie anders as 100 persent met hierdie man saam te stem nie, en nou skok ek seker die hele bloggosfeer!

Ja, my kinders is vir my verskriklik belangrik, seker dié belangrikste wesens in my bestaan. Ja, ek moet my kinders versorg en beskerm na die beste van my vermoë. Ja, as die kinders in ‘n sekere rigting belangstel en daar is die fondse en tyd en fasiliteite en ons gesin kan dit akkommodeer, sal ek probeer om dit vir hulle beskikbaar te stel om te ondersoek of probeer of doen.

Maar nooit soveel dat die hele gesin gedurig daaronder moet ly nie.

Ons wil regtig graag die beste vir ons kinders hê, dis reg! Maar ons moet oppas dat ons kinders se wille en grille só prioriteit in ons lewens raak, dat álles wat ons dink en doen nét daarom gaan om ons arme bloedjies te dien. Ons hardloop ons kapot, ons breek ons rûe, ons benadeel onsself só dat ons kinders tog net alles kry wat hulle begeer, alle moontlike blootstelling kry, oorgestimuleer word en in die proses breek ons onsself in 60 stukke, is ons oormoeg, oorsensitief, tot op breekpunt gestres en suig ons huweliksmaat en huwelik aan die agterste speen. Om die waarheid te sê, dit suig nie eers aan ‘n speen nie! Want dit het ‘n nul op die kontrak geword!

Liewe vriende, liewe jongmense met kinders in die huis, die grootste geskenk wat ons ons kinders kan gee, is gelukkige huwelike. Ja, elke huwelik gaan deur sy krisisse. Ja, ook ek en my man het soms so op mekaar geskree dat die kranse antwoord gee. Ja, daar ís tye wat die res van die gesin ter wille van een gesinslid moet opoffer, dit gebeur, maar ons moet oppas dat ons nie ons huwelike en huislike stabiliteit verwaarloos en sodoende dít wat ons die graagste wil hê, om gelukkige kinders te hê, juis van hulle ontneem nie.

Laat jou kind haar eie taak doen, dis goed vir haar. Jy het jou beurt gehad toe jy op skool was, dis nou jou kind se beurt. Laat sy dalk ‘n paar punte minder kry vir haar eie werk, maar laat dit haar eie werk wees. En as sy te lui is om dit behoorlik te doen, laat sy die swak punte aan haar eie bas voel.

Laat haar die buitemuurse bedrywigheid kies wat sy die graagste wil doen, maar sy hoef regtig nie alles te doen wat sy wil nie, sy gaan nog 100 jaar oud word, sy gaan nog baie geleentheid in haar lewe kry om die ander goed óók te ondersoek.

Kinders moet ook leer om soms terug te staan, om keuses te maak, maar die meeste van alles moet hul leer dat jou huwelik vir jou belangrik is. As hul dit nie by jou leer nie, waar moet hulle dit leer?

Ek wéét die druk van buite is kwaai. Jy en jou huweliksmaat is egter verantwoordelik vir jou kinders en op die ou end gaan die keuses wat jy gemaak het, die bepalende faktor wees. Lees asseblief daardie koerantuitknipsel, dit het op Facebook rondgeswerf. Maak ‘n verskil, jy kan. Jy is die ouer in die huis, nie jou kind nie. En onthou, julle was eers getroud, en toe kom die kinders en een dag verlaat die kinders die huis, en dan moet jul steeds mekaar hê en kan ondersteun, jy en jou huweliksmaat.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings, Ouerskap en ouerleiding. Bookmark the permalink.

39 Responses to Die ouers, of die kind?

  1. Terug pieng: Die ouers, of die kind? — Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog – Leja Fantasties se Fantastiese Blog

  2. Baie goed geskryf. Ek stem saam!

    Like

  3. Kameel sê:

    Ek het sommer nou die koerantuitknipsel op ons familiegroep gesit. My onderwyseresdogter sê die kinders is onmoontlik…. en die ouers is nog erger. Die onderwyseresse word deur ouers vasgevat oor hulle arme bloedjies…. terwyl die bloedjies geen ore of respek het vir gesag nie.

    Liked by 1 person

  4. ekmyselff sê:

    Nee jy skok my glad nie – ek stem volkome hiermee saam!
    Ek sal defnintief nie toelaat dat die hele familie in skuld gedompel word net omdat een kind in die gesin die toer oorsee “MOET” bywoon nie. Ek glo ook in regverdigheid, as al die kinders “iets’ nie kan kry nie hoekom moet een uitgesonder word. Nee Toorts ek stem!
    Baie huwelike maak dit nie as die kinders eers uit die huis gaan nie. Ek ken n gesin, die kinders manupileer die pa so dat hy al saam met hulle altyd opteam teen die ma, ek voel soms so jammer vir die vrou, ek sien die seer in haar oe. Dit is aaklig.

    Like

  5. Ek stem saam. Die samelewing is so siek omdat ouers bang geword het vir hulle kinders of kinders wil hê waarmee hulle kan spog soos met ‘n besitting. Ek kan nie besluit watter een is die oorwegende faktor nie. My kinders sal nog ‘n bietjie moet wag voordat hulle oor my kan regeer – op die oomblik is ek nog die moeder.

    Liked by 1 person

  6. Kinders moet ook leer alles kom nie sommer op ‘n skinkbord nie. Daar is en was baie dinge wat ek wou doen en alles moes maar wag tot dit sy beurt is.

    Liked by 2 people

  7. Raak gesê. Ouers gooi so maklik die kinders voor as nprobleem in hul huwelik. In die tussentyd moet ouers self daaraan werk maar nie d m v kinders nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s