My tyd in die towerpaleis -uitdaging

Lê Jou Eier Musical Chairs: Uitdaging 

……………………………………………..

Hier het ons nou sowaar ‘n koningin in die midde! Onse koningin Camilla bevind haar in haar towerpaleis, in die pragtige Oostenryk, anders as haar naamgenoot wat in Brittanje bly.

Die liewe Camilla met haar hart van goud het, soos ek in die vorige bloginskrywing gesê het, ons almal genooi om by haar in die paleis te kom bly. Daar is regtig plek vir ons almal, selfs al was jy nie by die Toweropstal betrokke nie.

Ons kan elkeen self besluit hoe ons ons gaan besig hou, maar ons hoef ons regtig nie dood te werk nie, daar is heeltemal genoeg bekwame personeel om die werk te doen.

Terwyl Hester die aflosstokkie in my hand gesit het om die nuwe uitdaging daar te stel, is dit as volg:

Skryf van jou tyd in die towerpaleis daar in Oostenryk. Watter tyd van die jaar is dit? Wat doen jy alles? Waarvoor is jy verantwoordelik? Skryf dit op jou eie blog, jy mag skryf net soveel keer jy wil. Onthou net om elke keer na hierdie bloginskrywing te verwys en dit te tag en ook om die paddatjie onderaan te sit. Jy mag selfs, as jy nie ‘n blog het nie, jou verhaal op jou Facebook skryf, maar steeds met dieselfde reël: Tag hierdie bloginskrywing. Jy het kans tot volgende Donderdag, wanneer die uitdaging sluit en die volgende persoon aangekondig word om die uitdaging te stel.

Komaan, trek los die brieke, trek aan die tabberts, dis nie aldag dat ons die voorreg het om in ‘n paleis te bly nie. Julle moet julle gedra, hoor! Ons kan nie vir Camilla in die skande steek nie!

Groetnis

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie