Lê jou eier -Waarvoor is ek bang?

Hester vra: Waarvoor is ek bang, en sonder dat sy dit besef het, het sy vir my ‘n nuwe bang besorg: Sê nou julle kom soek my nie op die verlate eiland nie? Kameel voel sy wil my eers ‘n maand daar los en hoe meer ek daaroor dink, hoe meer kom ‘n nuwe bang hom tuismaak: Sê nou julle kom soek my wel?

Alle grappies op ‘n stokkie: Ek is ‘n bang Jan. Ek het vreeslik avontuurlustige idees, maar ek is bang en sal 70% van hulle nooit waag nie. Gelukkig het my man nie eintlik bang hare op sy kop nie en val hy, as ek mooi vra, soms in by my lawwe idees en kan hy my help om veilig anderkant uit te kom. Onthou, ek aard mos na oom Petrus, en hy het eers op die water geloop en toe besef waarmee hy besig is! Ai toggie! Gelukkig staan manlief met sy twee voete stewig op die grond.

Ek dink nie ek is regtig bang vir spoke nie, het lank op Uitkyk blykbaar saam met een gewoon en ons het nie mekaar gepla nie, maar lewendige spoke maak my erger as bang. Mense wat nie weet wat hulle doen nie, mense wat onder die invloed van verskriklike goed voortstorm en vuurhoutjies aansteek en alles verwoes wat voorkom. Dít maak my bang.

En donderweer. Wel, as jy ‘n flipfile het om agter te skuil, mag dit dalk help, maar ek weet darem nie.

Spinnekoppe is nie my maat nie. Regtig nie. Ek haat hulle. As hulle buite in die natuur is, los ek hulle uit, maar in my huis? Aikonna. En vandat een my so gebyt het dat ek regtig baie siek anderkant uitgekom het, moet niemand probeer mooi broodjies bak oor hulle nie. En laat ek dit nou eens en vir altyd sê: Ek raak buite myself van kwaadword as iemand vir my spinnekopvideos stuur. Ek dink nie dit is snaaks nie. Regtig nie. So, as jy volgende keer ‘n spinnekopvideo sien en dink aan my, vat jou foon, sit dit op die vloer neer en TRAP hom dat hy in duisend stukkies daar lê, maar MOENIE dit vir my stuur nie. Hoe kwaad is ek sommer nou!

Dis die storie!

Toortsie

Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

moeg geploeg

Moeg. Moedeloos. Weet nie meer watter kant toe nie. Als tuimel in mekaar. Chaos in ons land. Die een na die ander skrikwekkende ding gebeur, selfs hier in die Wes Kaap, selfs hier in ons rustige, plattelandse dorpie. Kerkmense kla kerkmense aan oor nonsens. Mense vermoor mekaar. Jy hoef nie eers koerante te lees of die TV nuus te kyk nie, die slegte nuus kom sommer so na jou aangerol. Dis genoeg om enige mens moedeloos en moeg te maak.

In ‘n kwessie van slegs ‘n week het 3 mense by ‘n baie ou bloginskrywing van my kom harte uitstort. Wat doen hulle verkeerd? Bid hulle verkeerd? Weet God nog van hulle?

Ja, natuurlik weet Hy van hulle. Hy weet hoeveel hare op ons koppe is, so belangrik is elkeen van ons vir Hom. Selfs al verwerp ons Hom, sê ons Hy bestaan nie, praat ons verkleinerend oor Hom, selfs dan het Hy ons oneindig lief, so lief dat Hy vir ons gesterf het.

Ek was ook moedeloos, “in ‘n wolk”, vir ‘n hele tydjie. Bang. Weet nie wat gaan word nie, terwyl dit eintlik so bitter goed met ons gaan. Maar sonder dat ek wou, het die land se slegte nuus ook my ore binnegesluip en moeilikheid gemaak wat kon gebly het. Vir ‘n hele tyd het ek my hulp op die Enigste Plek wat ek ken, gaan soek, en ja, genesing het gekom.  So ‘n paar dae gelede het ek besluit om daadwerklik ENIGE negatiewe gedagtes wat in my kop mag opkom, te verwerp. Doelbewus te verwerp. …… en vreemd genoeg, skielik voel ek minder moeg, het ek weer moed vir die toekoms, kry ek selfs weer reg om by my eetplan te hou, kry ek goed afgehandel…

Ander voel ook so: Dat ons weer die stukke moet optel, weer positief moet wees, aangaan met die lewe. Ons moet onthou, na elke oorlog het mense die stukke van hulle lewens opgetel en aangegaan. En ons is deel van hulle nalatenskap. Dit voel my ons is op ‘n stadium in ons land wat ons die stukke moet vat en optel en daadwerklik weer ons lewens en ons gemoed in plek moet kry en van voor af opbou uit min of niks, en sê: VOORWAARTS VRINNE! (MaankindEmilene skryf: Watching Joyce Meyer and just love what she is saying about negativity. She says: ‘Evil can be put in a huge category called ‘anything negative’. Yes there are problems in the world and in our lives and we are not to ignore them, but there is no need to CONSTANTLY rehearse them!’ I just loved that bit! She continues: ‘The more you talk about your problems, the more unhappy you make yourself. You can instantly increase your joy by deciding that you are going to stop talking about everything that’s wrong in your life!’ She concludes this section by quoting Philippians 4:6-7. Google it! Powerful!

Voorwaarts!!!!

Toorts