aartappelmoertjie

Amoré Bekker en Antoinette Pienaar het die land aan die gons, en dit oor ‘n aartappelmoertjie!! Vir seer bene en allerhande skete is ‘n aartappel in die bed net die ding!! ….. of so sê hulle.

Die mense bel in … waar in die bed moet jy die aartappel sit? … die aartappel neem heeltemal oor in die bed, want waar jy rol, rol aartappel saam … wat moet ons bedags met die aartappel maak, moet die in die bed bly of moet jy dit uithaal?

Blykbaar hou jy dit in jou bed totdat die aartappel nie meer wil aartappel nie, dan vervang jy hom!! En die mense sweer hoog en laag: “Dit werk!!”

Nou ja, ek word ook soggens wakker en dan vertel my liggaam my dat ek nie sag heengegaan het in die nag nie. Dit laat my toe besluit om ook die aartappelding te probeer, sommer net vir die grap! Nag 1 het niks gebeur nie, behalwe net die bewustheid van die aartappel. Nag 2 het ek minder pyne gehad. Maar nou wonder ek, was dit nie omdat ek die vorige dag my rug-oefeninge gedoen het wat die pyne minder maak nie?

Nou wil ek weet? Wat is die storie? Is dit pure snert? Wat is die wetenskaplike waarheid agter die hele ding? Skei die aartappel dalk iets af, dis tog ‘n lewende organisme? Hoekom, as jy verskillende vrugte bymekaar sit, word hulle vinniger ryp? Het hulle ‘n invloed op mekaar? Iemand het jare gelede vir my probeer verduidelik, maar nou kan ek dit nie so mooi onthou om dit oor te vertel nie, maar ek is seker iemand weet. Het jy dit al probeer? Het dit vir jou gewerk? Selfs boererate beveel dit aan.

Soveel dae, soveel dinge. En dit net oor ‘n aartappelmoertjie!!! 😆

moertjietoorts

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Net drie dinge en jou lewensuitkyk verander