Net een persoon: Oom Tooi

Welcome to Just One Person From Around the World!

I have stopped watching the news….I have dropped all social media, except for my blog, which I try to keep to positive vibes…. there are a lot of folks in the world, who are everyday folks, just trying to provide food and shelter and love……….they are trying to make a living…….keep their kids educated and basically just take care of their families, without an agenda.  Me too. I think there is more of us…. Just trying to live our lives….. So, I would like to take the time to focus on one person a week to bring us together, to celebrate ordinary folks.

Feel free to join Just One Person From Around the World  by creating your own post and then share your link in the comments!

………………………….

Ontmoet vir oom Tooi. Of, as jy wil, Dr du Toit Burger. Hy was my skoonpa se broer. ‘n Uitsonderlike mens. Iemand wat baie meer as die ekstra myl sou stap. Een met ‘n ongelooflike drang om mense te help en te genees.

Oom Tooi het 93 geword, het altyd gesê hy en Mandela is ewe oud. Hulle was jaargenote. Tot op sy einde het hy steeds ‘n opregte belangstelling in sy familie gehad en het ons vir mekaar briewe geskryf. Ja, hy het vir my, die aangenaaide lap, ook briewe geskryf. Met ‘n pen en papier. Die vriend wat hom versorg het, sou dan die brief ‘inscan’ en vir my e-pos. Soos hy ouer geword het, het die handskrif ook verouder, maar steeds het hy ‘n leesbare handskrif gehad, baie anders as myne, wat ek party dae glad nie kan lees nie!

Die wel en wee van ons almal was vir hom belangrik. Hy het belang gestel in die boerdery, of ons goed doen, of dit sleg gaan, maar veral ons gesondheid. Selfs in sy oudste van ou dae sou hy steeds ons bloeddruk meet as hy daar kom! Hy sou ons vertel van nuwe mediese inligting wat hy bekom het, wat ons moes eet en wat nie. Ek wonder nogal wat hy sou sê oor my Banting en die vet vleis wat ek eet? Dalk ‘die dood is in die pot’, soos hy blykbaar genoem het toe hy een keer by skoonpa-hulle gekuier het. Hy het ook graag by ons kom kuier tot op ‘n baie bejaarde ouderdom.

Die familie het hom almal respekteer. Hy het almal se voorskrifte hanteer of, as hy dit nie hanteer het nie, dit beslis nagegaan om te sien of jy die regte medikasie gebruik! Maar een keer, dalk baie kere, was daar ‘n hele paar van die broers en susters by skoonpa-hulle. Hulle het gebraai, natuurlik vleis met ‘n lekker vetjie aan. Almal eet mooi bedeesd, tot oom Tooi op ‘n stadium die tafel verlaat. Dis tóé wat almal spring vir die vet stukkie wat hulle nog die hele tyd dophou, maar bang was om te vat!

Oom Tooi wou sy lewe lank ‘n dokter word, dit was sy lewensroeping. Maar hy het nie Matesis gehad op skool nie. Daarom kon hy nie keuring kry vir medies nie. Toe gaan hy universiteit toe en neem B. Sc, in die hoop om keuring te kry vir medies. Maar om vir medies gekeur te word, het hy Fisika nodig gehad. Wat hy nie deurgekom het nie. Op die ou end het hy ‘n brief aan die Mediese Raad van destyds geskryf en sy storie aan hulle verduidelik. Dat hy sy graad omtrent Cum Laude, as dit nie is dat hy dit wel met Cum Laude geslaag het nie, maar dat daar elke keer een of ander simpel vak is wat keer dat hy mag aansoek doen vir medies. Die Mediese Raad het geantwoord dat as hy kon bewys lewer dat hy iewers in sy lewe onderrig in Matesis gekry het, hulle hom sou aanvaar. Wel, hy hét toe iewers die bewys gekry, hoe, gaan ek nie hier vertel nie. 🙂 Oom Tooi het gespesialiseer in Ortopedie, maar het nie sy kursus voltooi nie omdat een of ander praktyk hom nodig gehad het.

Vir jare het hy opgetree as Algemene Praktisyn, totdat hy op 65-jarige ouderdom moes aftree, soos wat hulle praktykbeleid was. Daarná het hy opgetree as hospitaaldokter vir die Staat tot diep in sy sewentigs, waar hy toe gedros het. Want daar het ‘n jong doktertjie ingekom en vir hom een of ander simpel vraag gevra. Oom Tooi het vir die dokter gevra wat hy verdien, en dit was meer as wat oom Tooi gekry het. Net daar het hy geloop!

Daarvandaan het hy, tot sy dood, ou mense in ouetehuise wat nie mediese kostes kon betaal nie, gratis behandel.

Wat ‘n merkwaardige man!

Toortsie

18 thoughts on “Net een persoon: Oom Tooi

  1. This is what doctors should be like……….but I am painfully aware they are few and far between in our society now! How wonderful he was in your family and was loved and loved everyone until his dying day! Thanks for joining us again this week! Cady

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!