Glo wat jy bid – 6 Feb 2021

Elke dag gedurende Februarie ‘n Bybelvers oor geloof. (Dit lyk my ek is nog die hele Februarie ‘n hele dag agter!)

Jakobus 1:6: Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

Vandag het ek ‘n vraag in my hart: Tot wie bid ons? Met soveel gelowe en kultusse wat wêreldwyd absoluut floreer en met internet wat vir ons toegang tot dit alles gee, is my vraag: Tot wie bid ons? Tot wie bid jy?

As jy bid, vir wie spreek jy aan? Met wie praat jy? Met wie dink jy praat jy?

Praat jy met die Lewende God? Die Almagtige? Skepper van die heelal? Vader, Seun en Heilige Gees?

Of bid jy tot ‘n ander god wat jy glo dieselfde God is, maar jy misken die Heilige Gees of vir Jesus?

Of bid jy tot ‘n god wat jy self geskep het? Een wat aan jou vereistes en smaak voldoen?

Of bid jy tot die universe of die divine, wie hulle ookal is?

Of jou engel, of jou engele?

My bekommernis is, ons dink dalk ons bid tot God of iemand naby aan Hom of iemand amper soos Hy, maar enige iemand anders as sdie Lewende Drie-Enige God is nie regtig Hy nie. Is nie Hy nie. Is dalk iemand vermom in ‘n mooi kostuum, maar is in werklikheid dalk Satan of een van sy baie demone, engele van die donker wat saam met Lucifer weggebreek het van God af en alles moontlik sal doen om vir my en jou te mislei, verlei, sodat ons sal wegdraai van God af. Hulle kan selfs goed of geloofwaardig voorkom, onskuldig. Soos God.

Wie is die ‘hulle’ tot wie jy bid?

Daarom vra ek, as jy bid, maak seker tot wie jy bid. Maak dit in jou hart seker, in jou verstand. Spreek die Ware God aan en glo Hom, soos wat die Bybelvers sê.

Groete

Toortsie

4 thoughts on “Glo wat jy bid – 6 Feb 2021

Gesels saam, asseblief!