Facebook is ‘n uitlokker

Waarmee hou ek my my lewe lank besig? Aktief besig? Doelbewus besig? Om herinneringe te bou. Sodat, wanneer ek eendag op die ouetehuis se stoep sit, ek kan terugdink aan al die lawwe goed wat ek in my lewe aangevang het. Sodat ek lekker kan lag vir al die flops wat ek gemaak het. Sodat ek in dankbaarheid kan terugdink dat ek my lewe geleef het. Sodat, wanneer ek om een of ander rede dit nie meer kan doen nie, ek kan dink dat toe ek die geleentheid gehad het, ek dit aangegryp het.

Ai ja, en soos ek my herinneringe gebou het, het ek dit tog te graag op facebook vertel. Oor jare het ek dit minder gedoen, maar veral in die beginjare.

En nou is dit grendeltyd. En ons mag nie rondry nie. Gastehuise is toe. En hierdie tyd van die jaar toer die Kapenaars gewoonlik. As dit nie grendeltyd is nie.

En wat doen faceboek? Hy skuif elke oggend vir my nog ‘n herinnering onder my neus in. En al wat ek kan sê is, ek wens, ek wens, ek wens.

Toortsie

3 thoughts on “Facebook is ‘n uitlokker

Gesels saam, asseblief!