Twee maal op een dag!

Ek dink nogals nie ek was van die ‘stout’ kinders in die klas nie. Om die waarheid te sê, ek dink ek was van daardie irriterende ‘soetes’. My stoutheid het eers later gekom!

Maar een dag was ek op dieselfde dag twee keer uit dieselfde onderwyser se klas uitgejaag. Genade!

Ons was daardie dag twee keer op verskillende tye by hierdie onderwyser. Ek wil sommer bysê dat ons baie van hom gehou het, hy was nog ‘n jong onnie, en nou se dae kan ek hom op sy naam noem, die ouderdomsverskil is nie so groot nie.

Ek kan nie onthou wat die een keer gebeur het nie, maar voor ek my kom kry, jaag hy uit, met koffer en al! Wat ‘n vernedering!

Later die dag is ons weer by hom en ek sit weer mooi op my plek. Hy is nie in die klas nie en julle weet mos hoe gaan dit wanneer ‘n onderwyser nie in die klas is nie, dit lawaai! Natuurlik sit dit Toortsie ook en gesels, nes al die ander kinders, hoekom sal sy nou al een wees wat tjoepstil sit?

Maar Toortsie sit heel voor in die klas, want haar ogies is nie so goed nie, op die bank die naaste aan die deur. En sy gesels met die persoon in die volgende bank, so haar rug is na die deur se kant toe.

Agter in die klas gaan die rof.

Maar ek glo, iemand hou die deur dop, wat Toortsie natuurlik nie doen nie, sy sit met haar rug na die deur.

Die volgende oomblik is dit tjoepstil in die klas, en al woorde wat in die klas gehoor word, is Toortsie wat sê: ‘Dis privaat.’

En die onnie sê: ‘In daardie geval, gaan na die privaat.’

Twee keer! Op een dag! Die enigste twee keer in my lewe!

Toortsie

29 thoughts on “Twee maal op een dag!

    1. Ek vermoed die een wat ek vertel, het eerste gebeur en toe is die onnie dik vir my en dat ek dalk die tweede keer amper net my oë geknip het. Die ergste is dat ek eintlik gewoonlik nie saamgeraas het nie en my eerder sou sit en skaam vir die amokmakers! En ek vermoed dat die persoon agter my dalk ‘n persoonlike vraag gevra het en ek hom toe antwoord. Of so iets.

      Liked by 1 person

  1. Ek is ook nooit uit die klas gejaag of eers raas gekry oor praat in die klas nie, behalwe in matriek. Ons het ‘n nuwe Afrikaanse onderwyser gekry en hy was ook laat vir die klas, so het almal maar geraas. Met die intrap slag het hy sommer die eerste paar leerders aan die ore tot by die deur gesleep en uitgejaag. Hy vra toe wie die klaskaptein is, en toe staan ek buite…

    Liked by 2 people

      1. Nou weet jy hoe ek gevoel het…. moes buitekant sit want hulle konnie vir my klas gee nie. Liewe, hoe het die soetste en stoutste meisie in die klas bymekaar uitgekom?????

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!