Jy het altyd raad vir ander, maar nie vir jouself nie

Thanks to The OP, who shared a post, I discovered this wonderful blog of Minister Aldtric Johnson that has always a positive message. The posts always ends with ‘be blesstified.’ In today’s post he gave me a new idea about something that can be said so negatively. ‘You have always the solution for somebody else, but you can’t help yourself.’

Soveel keer hoor ‘n mens dit op ‘n negatiewe manier: Jy wil ander mense help, maar vir jouself het jy nie raad nie. So, eintlik moet jy jou mond styf toehou, want hoe op aarde kan jy ander mense wil help, terwyl jy jy self nie weet wat om te doen nie? Hoe kan jy iemand in sy huwelik wil help as jy self geskei is? Hoe kan jy iemand in sy geloof help as jy self so baie struikel? Hoe kan jy xxx as jy self so baie zzz? Hoe kan jy so inmeng?

En in die proses verloor ons selfvertroue, kruip ons dieper in ons hoekie in, en hou ons mond styf toe, terwyl ons dalk regtig iemand anders kon help, ophelp, omdat ons JUIS deur daardie selfde krisis was, juis daardie selfde foute gemaak het en dalk tog daaruit geleer het. Dalk is dit juis omdat ons deur daardie krisis is wat ons die gevaarligte rooi sien flikker by ander mense en, al kon ons onsself nie help nie, het ons ervaring ons tóg iets geleer wat die ander persoon kan help.

Lees wat skryf Minister Aldtric Johnsen:

No matter how many problems you have. No matter how many issues you’re struggling with. No matter how little money, influence or resources you may have. God has still given you the solution to someone else’s problem.

Dat dit juis Gód is wat ons toerus om dit te doen! Dat dit juis ons ervarings is wat ons die kennis en wysheid leer om tog vir iemand anders te kan ophelp, of raad gee, en waar ons nie vir ons self raad het nie, is daar weer ánder wat vir ons kan help, as ons bereid is om na die raad te luister, en as die ander persoon die vrymoedigheid het om die raad te gee.

Is dit nie verskriklik mooi nie?

God roep ons om ander te seën, om hulle op te lig, te help. In liefde.

Laat ons nooit ophou om goed te doen nie.

And, as the writer of the original blog said, I have the same wish for you today: Be Blesstified.

Toortsie

21 thoughts on “Jy het altyd raad vir ander, maar nie vir jouself nie

  1. Ek erken ruiterlik dat ek soms bang is om raad aan te bied, want ek weet nie hoe dit ontvang gaan word nie. Soms kan jy ‘n ander persoon se probleem duideliker sien omdat jy nie so na daaraan staan nie. Ek het nie ‘n probleem om na raad te luister nie, hoewel ek dit nie altyd aanvaar nie.

    Liked by 1 person

    1. Ek aanvaar graag raad wat met ‘n goeie, besorgde hart gegee word. As ek kan sien/hoor jy gee regtig om, kan jy my selfs (redelik) hard aanspreek. Maar ek weier om na opinie te luister bloot omdat mense dink hulle ken my en reken dis genoeg rede dat hulle wel ‘n uitspraak mag lewer.

      Liked by 3 people

  2. Ek is een van daai wat besluit het om eerder my mond te hou. Want die oomblik as ek iets sê is daar wel diegene wat met reg kan sê, “jy is die laaste persoon om raad uit te deel” die laat my darem weer voel dat ek my stem gerus maar kan gebruik, ongeag? Been there, done that. Daar is geen rede waarom iemand anders dieselfde foute moet maak, as ek dit kan verhelp nie xx veral as dit by my binnekring kom x

    Liked by 1 person

  3. Dis nogal vir my snaaks hoe raad en opinies eintlik altyd eksklusief van toepassing is op negatiewe goed nê? En hoe mense hulle eiers lê en vuur spoeg en teatraal opinie lewer en raad gee (so of hulle weet wat hulle sou doen as…) wanneer iemand iets negatief beleef en deurmaak, kwytraak of sommer net oor galbraak.
    En dis seker hoeka hoekom ons ander se (negatiewe) ervaring juis met ons eie (negatiewe) verwysingsraamwerk in verband kan bring en einste raad of opinie opper.
    As ek geen negatiewe ondervinding met iets gehad het, uiter ek nie (sommer) my opinie oor jou ervaring nie. Maar laat ek nét óf soortgelyke ervaring gehad het óf oor die algemeen ‘n siniese, negatiewe uitkyk het oor die lewe, weergalm my mening deur die www.
    Toets dit bietjie… post iets positief op Facebook en jy kry 20 likes en 5 “mooi so” ‘s of “lekker man” ‘s. Post iets negatief en jy kry dalk ook 20 likes, maar daarby 40 paragraaf styl kommentare oor hoe erg dit of dat is, wat hulle in jou geval sou doen en hoe hulle juis daaroor meer van diere as van mense hou en hoekom almal eintlik closet-kluisenaars is of wil wees.
    Negative breeds negative – exponentially. Positive sadly has a much harder time convincing us that it is worth our same effort pursuing.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!