Ek het ‘n vriendin wat haar lewe lank verskriklik oorgewig is. Haar lewe lank probeer sy gewig verloor, kry sy dit reg, verloor sy moed, tel weer op, ens. Sy is tans weer besig met ‘n gewigsverliesprogram. Sy het eers iets anders probeer, toe Banting, en is blykbaar nou met iets anders besig. Ek gee nie om wat sy doen nie, solank dit vir haar werk!
Elke week kry ek ‘n whattsapp wat sê, ek het hierdie week soveel verloor. Of ek het stilgestaan. Elke week sê ek vir haar, dis mooi! Sjoe! So die totaal is nou al soveel! Wow! Hou net aan. En sou sy die week stilstaan en mismoedig voel, sê ek, onthou die liggaam moet aanpas by die klomp gewig wat verloor is, stilstaan is beter as wipplank ry, moenie moed verloor nie, hou net aan. Dis al.
Dit laat my besef hoeveel keer ons iemand nodig het om ons hand vas te hou. Die persoon doen eintlik heeltemal niks, maar jy kan gaan ‘rapporteer’ by die persoon. Dit gee jou die gevoel dat jy nie alleen staan nie, dat daar iemand is teenoor wie jy jou vreugdes deel, maar ook die mislukkings.
Een aand moes ek en my dogter in die donker en in baie digte mis terugry vanaf Stellenbosch huis toe. Dit was angswekkend. My seun was by die huis en by elke dorp wat ons deurry, het sy vir hom ‘n boodskap gestuur: ‘Ons trek nou hier.’ Ek weet nie eers of hy die boodskappe gelees het of hom gesteur het daaraan nie, vir my het dit geweldig baie beteken dat daar iemand is wat by die huis wag, iemand wat hopelik van dorp na dorp weet waar ons trek, iemand wat hopelik sal agterkom as die smsse skielik nie meer kom nie en hulp sal soek indien nodig.
Dit maak nie saak wat ons in die lewe aanpak nie, of dit in ons geloof is, of in ons gewone lewe, of dit iets nuuts is wat ons probeer nie, of weer van vooraf stoei met ‘n lewenslange probleem nie. Wat regtig help is as daar iemand is teenoor wie jy net kan sê: “Ek probeer nou dit. Kan ek op ‘n gereelde basis vir jou vertel hoe dit gaan?” Iemand wat dalk soms vir jou kan vra, hoe gaan dit? Hou jy nog uit? Is daar vordering? Hoe kan ek help?
Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie en as ons iemand het wat ons kan help om ons las net effens te help dra, of ons net kan aanmoedig daarmee, maak dit dit vir ons self soveel makliker.
Sterkte met wat jy ookal aanpak.
Toortsie
Dis so waar, Toortsie. ‘n Mens het altyd ‘n ondersteuningsbasis nodig.
LikeLiked by 2 people
Daarsonder weet ek nie hoe ons dit sal maak nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is so waar Toortsie
LikeLiked by 1 person
Ek stem, dit gee mens moed as iemand opreg belangstel en saam staan
LikeLiked by 2 people
O ja
LikeLike
Baie waar
LikeLiked by 1 person
Dis mos hoekom ek vir my blogvriende aangeskaf het 😇 Dis waar Toortsie, ‘n mens moet iemand hê wat in jou hoekie staan en jou aanmoedig.
LikeLiked by 3 people
Ja mens het dit nodig.
LikeLiked by 2 people
…en daardie persoon moet, behalwe vir Job se geduld, hare op die tande hê en ‘n goeie sin vir humor daarby.
Maar ja, ons nodig almal só iemand… en as ons lucky is, kan ons daai iemand wees vir iemand.
LikeLiked by 3 people
En dít is ‘n voorreg. 😁
LikeLike
Dis waar BB, as ons dit vir iemand kan wees sal daar iemand op die regte tyd vir ons ook wees
LikeLiked by 1 person
Ek dink die van ons wat erken ons het ander nodig, is ook meer bereid om by ñ ander te staan.
LikeLiked by 3 people
Ek stem Travelkie
LikeLiked by 2 people
So baie waar🌻
LikeLiked by 1 person