Hoe kry jy jou vakansie langer?

Mnr Eps Joubert, ons wiskundeonderwyser, het altyd hierdie een aan ons probeer verkoop:

Moenie laat slaap in jou vakansie nie. Staan eerder vroeg op soggens, dan is jou vakansie baie langer.

Vir hierdie laatslaper was dit nooit maklik nie. My lyf vra daardie rus. Laat my ‘n bietjie later in die oggend lê en jy kry baie meer met my uitgerig die res van die dag. Selfs my man het dit oor die jare besef. Gun my ‘n rukkie langer in die bed soggens en jy het ‘n vriendelike, lus-vir-die-lewe-vrou. Karring vroegoggend aan my en jy maak ‘n leeu wakker.

Vandag is hopelik my laaste kantoordag vir die jaar. Terwyl ek nog lê en dink en rondrol in die bed, kom mnr Eps se woorde in my gedagtes op. Toe man, staan op. Begin so vroeg as moontlik, want die oomblik as my werk afgehandel is, mag my vakansie begin. Vanoggend kan ek regtig my vakansie langer of korter maak, afhangende van hoe vroeg of laat ek opstaan!

Nou toe! Uit die vere met jou, Toortsie!

Vir elkeen van julle wat bevoorreg is om nou ‘n ruskansie te kry, geniet dit. Is dit nog jou werkbeurt, hoop ek dat ook jy een of ander tyd ‘n lekker ruskansie sal geniet.

Groetnis

Toortsie

16 thoughts on “Hoe kry jy jou vakansie langer?

    1. Kapenaars staan wel vroeg op, dis net hierdie Toortsie wat bevoorreg is om my kantoor in my huis te hê, so, solank die ander in die verkeer sit, mag ek nog ‘n bietjie lê.
      Maar … ek pendel mos! 😁

      Like

      1. Dis gewoonlik baie stil van nou af tot na nuwejaar, want die kliënte gaan ook met verlof. Ons skaal af, maar sorg dat ons aanlyn in kontak bly in geval van nood. My kinders kom kuier; ek reis nie meer veel met my man se “af rug” nie, maar dis mos dan die rede waarom ons in ‘n vakansiedorp woon 😄 so ja, ek is ook met vakansie.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!