Hester en die paddatjies

Toe Hester aangekondig het dat sy ‘n nuwe bloguitdagingsreeks gaan begin waar ons elkeen ons eiertjie kan lê, was ek baie opgewonde. Dis lekker. Dis interessant.

Vroeërjare was hier gereeld tag-speletjies en het iemand ‘n onderwerp uitgedink, 3 mense genomineer wat daaroor moes skryf, wat weer die volgende 3 nomineer. Dit het heeltemal doodgeloop.

Wat anders is aan Hester se eierlêbedryf, is dat daar elke keer ‘n paddatjie bygesit word. Ingewikkeld, het ek aanvanklik gedink, en raai, dit was toe glad nie so moeilik nie, dis net ‘copy&paste’. Maklik.

Onnodig, het ek ook gedink. Vir wat moet die ou paddatjie nou elke keer bykom? Hoekom kan ons nie net gewoonweg tag soos ons dit altyd doen nie?

Maar hoor hier, dis vrek oulik! En gemaklik! En dit maak die lewe soveel makliker!

Want sien, ek is nuuskierig wat almal oor die betrokke onderwerp skryf, en jongie, Hester krap vir jou onderwerpe uit waaraan mens nooit op jou eie sou kon dink nie! So, ek kliek nou net op ‘n paddatjie en dan is al die onderwerpe sommer daar bymekaar.

Het ek nou heerlik gelees aan almal se gees en ontvange! En daarmee saam het ek sommer nog weer ‘n nuwe blog ontdek ook! Vandat ek op die leser lees, sien ek nie altyd nuwe blogs raak nie, maar kyk nou vir so ‘n ou paddatjie!

Dankie Hester, dit raak sowaar al hoe interessanter.

Groetnis

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Skemerkelkie

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

13 thoughts on “Hester en die paddatjies

  1. Dankie Toortsie. Ons hoop dat dit vorentoe nog meer interessant gaan raak, want InLinkz het nog meer funksies wat ons kan gebruik. Voorbeeld: ons kan kompetisisies hou en stemme uitbring, maar meer hieroor later. Dankie vir jou deelname en die bemarking van ons uitdagingsreeks.

    Liked by 1 person

    1. Jy moet op die paddatjie kliek. Vat aan die paddatjie! 😱 Dan kom jy by die plek uit waar al die blogs oor daardie onderwerp lê. Ek gaan nou die paddatjie hierbo plak, gee so ‘n paar minute, dan kliek jy daarop.

      Like

        1. Ek sê nog die hele tyd dis ‘n grillerige storie van eiertjies en paddatjies en wat nog als en Hester sê hande bo die komberse en ander praat van voëltjies en dis ‘n gesinsblog hierdie waar minderjariges ook nog kan lees. Nou kom huer nog muise ook by! My swak hart sal dit mos nooit hou nie en Hester het gesê ons moet ons gedra want as die skryfsels af is gaan sy dit verwyder, so kns moet nog in ons spore ook trap!
          As jy touchscreen het, mort jy met jou vinger kliek op daai blou paddatjie. As jy by jou rekenaar sit, gebruik die muis om die paddatjie te hanteer. Moenie dat Hester hierdie sien nie asseblief sy gaan my uitskop en my gedagtes is skoon ek belowe jou, maar sy gaan dit wtaggies nie glo nie en wat maak ek dan?

          Liked by 1 person

    2. Kyk nou. Dis nou op my bloginskrywing. Kliek op daai blou blokkie waarin die paddatjie vasgevang is. Dan kom jy daarby uit. En terloops, jou eie bloginskrywing lê ook daar! 😁

      Like

Gesels saam, asseblief!