Noem ‘n mens dít nou galgehumor, of hoe? Hester se lê-jou-eier-opdrag vir die week: Skryf jou eie grafskrif.
Maar ek is nie bang nie, fools rush in where angels fear to tread, so dalk kan dít eendag op my graf staan: ‘Toortsie was nie bang nie. ‘ ‘Waaghalsig’. Geen bang haar op haar kop nie. Die waarheid? Toortsie is vrek bang! Hiermee daag ek dan nou vir julle almal uit: Skryf jou grafskrif. Skryf dit op jou blog, of as jy nie ‘n blog het nie, op Facebook en gaan plak dit by al die ander grafskriffies. Komaan, jou ma het mos nie ‘n bang kind grootgemaak nie!
Daar mag dalk ‘n klomp wees wat graag sal wil skryf dat ek eksentriek was. Of saam met dit dat hul my geselskap geniet het. Iets soos ‘Toortsie was FUN. ‘ Oeee maar Toortsie is ook ‘n skerpioen, so dalk sal die grafskrif lui: ‘Moenie op haar trap nie. ‘
Hier is egter ‘n dilemma by hierdie storie: My gat is onder my uitverkoop! Ons graf was klaar gegrawe, uitgebou en als. Al wat nog gekort het, was ek en manlief, die deksel en die steen. Nou is die grond verkoop en ek het nie meer ‘n graf nie. Ek hoor dat ons begraafplaas vol is en daar nog net plekke is in die gebied waar jy slegs met ‘n hopie sand en ‘n houtkruisie toegemaak word. Dan is hierdie oefening mos oorbodig.
Ek sou graag wou hê dat hulle van my sê soos wat my pa was, ‘n allemansvriend, maar helaas, ek dink nie ek kwalifiseer nie. Liefdevol. Hopelik dalk iets soos ‘hardwerkend’. Iets wat kan werk, is ‘Never a dull moment’, dink ek. Of, ‘met haar het jy nooit geweet nie’, bedoelende, ‘Enige iets is moontlik’. Ai jai jai. Wat van ‘Sy het haarself vele keer verras’ of ‘Sy het gedoen voor sy dink’ of ‘Die lewe is ‘n reis’.
Ek sal hou van ‘Altyd ‘n glimlag’ of soos een van my dogter se vriendinne gesê het, ‘Sy het altyd gesing.’
Dalk ‘Jack of all trades, master of none.’
Of ‘Familiemens’.
Die grootste kompliment wat hulle my mag gee? ‘Sy was ‘n kind van God.’
So, dis my storie. Wat is joune?
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Finesse: Skemerkelkie
Toortsie by Pinterest
Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.
Gaan daar niks van Ursela gese word nie? Skerpioen, dan is jy mos nogal stekerig ook… sjoe, jy maak my bang.
Gaan daar nerens iets van Banting Queen, ever young and free staan nie?
LikeLike
Ja, pas op! Ursula!? 😁 o ek hou van ever young and free! 😁
LikeLiked by 1 person
Genade Toorts, jy het so baie (idiomatiese 😀 ) grafskrifte vir jouself uitgedink dat jy ‘n hele begraafplaas kan voorsien met marmerstene of houtkruise. Ek sien darem jy het ‘n gunsteling een gekies hier heel op die einde, maar aangesien jou gat nou onder jou uitverkoop is, moet jy dit maar op jou facebook muur plaas. Dankie dat jy die bloggers so opsweep, en vir jou eie deelname natuurlik.
LikeLiked by 1 person
Ek het so baie persoonlikhede, een grafskrif gaan beslis te min wees! 😆
LikeLiked by 1 person
Haha, dan kan jy dalk hierdie een gebruik “Haar persoonlikhede was nooit vervelig nie”.
LikeLiked by 1 person
! Hoop nie so nie!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou wat die uitdagings uitdink. Ek het hierdie een regtig geniet.
LikeLiked by 1 person
👍 My plesier.
LikeLike
Hier lê die Toorts
Uitgedoof? Moet dit nie glo!!!
Jy is voorwaar fluks om so vinnig jou bydrae te kon lewer…. en soos Hester sê jy haan ‘n hele paar houtkruise nodig hê vir al jou grafskrifte. 😁
LikeLike
Dit gaan soos ‘n kommune lyk! 😁
LikeLike
Die dapperste soldate is almal soms baie bang. Hulle weet net hoe om dit te hanteer, dat dit hulle nie oorheers nie.
LikeLiked by 1 person
Mag ons bid vir dapperheid!
LikeLiked by 1 person
Sy was baie lief vir haar Here, dit is wat ek van jou sal sê. En sy het alles gegee.
LikeLiked by 1 person
Dankie ❤️
LikeLike
Mmmmm jy is nogal kwaai met jouself
LikeLike
Hoekommmm? 😁
LikeLiked by 1 person
Jy het sommer baie goeie kwaliteite en jy skerm half daarvoor? Dalk moet jy mooi kyk wat ander van jou sê? 🙂
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Ek het nogals gedonk ek noem hulle. 😁
LikeLiked by 1 person
Gha so effe skroomvallig soos my ma sou sê
LikeLiked by 1 person
Skroomvallig. 😁
LikeLiked by 1 person
Darie laadte ern is fie beste. Ek hoop jy kry eendag erens n graffie of n gaatjie in die muur – of hoop mens nou nie so-iets nie?
LikeLike
Gaatjie in die muur wil ek nie hê nie. Ag, iewers agter ‘n kliphoop sal daar hopelik ‘n ou plekkie wees. Xx
LikeLike
Wonder wat werklik gesê gaan word? Ek is dalk te ernstig van aard.
LikeLiked by 1 person
Hier rus ons geluefde moeder en ouma xx
LikeLike
Ja, dit sal seker so wees. Ek sit nou eintlik hier half in weemoed want my ou lewe het maar n knou gekry met my man se begrafnis saam. Na 24 jaar hierdie jaar bly dit steeds n teer punt.
LikeLiked by 1 person
Ai. Xx
LikeLiked by 1 person
Wat het dan gebeur? As jy wil vertel?
LikeLike
Toortsie jy i ‘n begaafde vrou daar kan baie positiewe dinge van jou jou gese word. Maar op die ou end is die belangrike dit wat jy daar grafskrifskryf
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person