Oor deel

Vandag wil ek skryf oor deel. Share. Repost.

Woensdag het daardie vrou by die Nestlé funksie iets waardevols gesê. Sy sê hulle kyk veral hoeveel keer van hulle goed op Facebook geshare word. Natuurlik is likes ook baie belangrik, maar as iets geshare word, beteken dit die persoon het dit gelees en goed of waardevol genoeg geag om dit ook op hulle Facebook met ander te deel omdat hulle wil hê ander moet dit ook lees.

Soms sien ek my goed word deur ander mense op Facebook geshare. Ek weet nie waar dit geshare word nie, ek weet ook nie wie dit doen nie. Soms is dit vir my vreemd dat ‘n spesifieke artikel gedeel word omdat dit dalk baie persoonlik is en ek nie regtig kan dink hoekom dit juis gedeel word nie. Sekere goed word baie keer gedeel, ander niks.

Ek tel nie die shares nie en my aandele word nie daarmee beter of groter nie, maar vandag wil ek iets skryf wat ek nog altyd te skaam was om te skryf: Baie dankie vir elke share. Ek sien dit raak en dit beteken vir my baie. Soos daardie dame gesê het: Dit beteken dat iemand dit gelees het en goed genoeg ag om weer by hulle te gaan deel. Dankie daarvoor. Ek waardeer dit.

Wanneer van my Bantinginskrywings gedeel word, is ek baie bly, want op daardie manier kry my boek publisiteit wat natuurlik baie werd is. Nuwe mense sien dit raak. Baie dankie!

So, sonder om myself nou heeltemal te veel keer te herhaal: Baie, baie dankie! Ek waardeer dit.

Groete

Toortsie

(Jammer vir al die Engelse woorde in hierdie bloginskrywing. Dis ongelukkig terme wat algemeen gebruik word.)

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Elke vasgeleentheid is uniek

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

13 thoughts on “Oor deel

  1. Ek is van mening dat likes op FB, Twitter, ens., nie regtig ‘n doel dien nie. Wat dui die persoon aan wat dit “like?” Dat dit geniet is, of bloot gesien is? Voeg waarde by jou “likes” deur dit met ander te deel. En as mens Banting deel, word die wêreld kleiner maar gesonder 😀

    Liked by 1 person

    1. Hester, my faceboek page is ook daar om selfsugtige redes omdat my eie blog ook daar bekendgestel word. Ander wen, maar ek ook. Omdat ek wyd probeer share, kry ek hopelik wye belangstelling en terselfdertyd word my eie, en ander blogs, bekendgestel.

      Liked by 2 people

    1. Ag dis net ‘n plesier. Ek deel graag as ek oulike blogs lees. Op daardie manier kom nie-bloggers of mense wat nie by WordPress blog nie, ook in aanraking met ons blogs. Ek vind dat vandat daar nie meer by WordPress die top 10 of 15 blogs is nie, ons nie meer bekend gestel word aan nuwe blogs wat ons nie ken nie. Dis maar toevallig dat ons op hulle afkom. O en terloops, soms share ek nie ‘n blog wat oulik is nie omdat ek dan alreeds ‘n klomp geshare het en ook nie die mense wil oorval nie. Ek voel weer gevly as iemand my fb pages volg! 😁

      Like

    1. Jong, so met hierdie gependelry, hard admin as ek op die plaas is, hard huishou die rukkie by die huis, maak dat die woorde min is, selfs vir blog. Ek wonder hoeveel bloginskrywings het al in die proses verlore geraak. Dis of my kreatiwiteit net nie kans kry om uit te kom nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!