Jobbina

Hoe kan ek ‘n reeks oor die vroue  van die Bybel doen en Job se vrou uitlos? Dis só maklik om haar sommer net te ignoreer, die nare vrou van Job wat nie haar man bygestaan het nie, maar saam met die ander mense hom vervloek het toe hy daar op die ashoop gesit het. Job, die ryk man, wat skielik alles verloor het: Sy besittings, sy kinders, sy aansien, wat nog alles.

Sy vriende kom om hom te ondersteun en hulle ondersteun hom presies net soos ek dalk ook sou en praat soos hulle dink dit is, uit hulle eie ondervinding en kennis, en sien nie Job se nood raak nie, want Job hou aan sê dat Hy onskuldig is.

Want nie Job nie, ook nie sy vrou nie, ook nie sy vriende en die wye wêreld het geweet dat dit regtig nie was omdat hy verkeerd gedoen het nie, dat God toegelaat het dat dit gebeur omdat Hy geweet het hoe sterk Job se geloof was nie.

Terug by Job se vrou, ek weet nie wat haar naam is nie. Ek noem haar sommer Jobbina.

Timothy Kieswetter het my oë oopgemaak oor Job se vrou. Lees bietjie wat skryf hy oor haar:

  1.        Dit was nie net Job wat sy kinders verloor het nie. Hulle was ook haar kinders gewees.
  2.        Dit was nie net Job was sy werk verloor het nie. As vrou het sy baie meer verloor want sonder ʼn man se inkomste was die vrou niks nie.
  3.        Dit was nie net Job wie gemartel was nie. Het jy al iemand so lief gehad dat hulle pyn en seer ook voel, dalk erger? Sy kon nie meer haar man se swaarkry hanteer nie, nie omdat sy nie ʼn goeie vrou was nie, maar juis omdat sy haar man so lief gehad het. Sy wou net gehad het die pyn moes weggaan.
  4.        Aan die einde van die storie, was dit nie net Job wat alles dubbel terug gekry het nie, maar ook sy vrou.

Dit laat ‘n mens nogals dink! Sy was maar ook bang, onseker. Sy het ook nie geweet watter kant toe nou nie. WAT GAAN AAN? HOEKOM TREF AL HIERDIE GOED VIR ONS? WAT GAAN VAN ONS WORD?

Maar God het ook aan háâr genade betoon, net soos aan Job!

Baie dankie, Timothy Kieswetter, dat jy ons oë kom oopmaak het en verhoed het dat ek ‘n negatiewe storie oor haar skryf!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

17 thoughts on “Jobbina

      1. Ag dankie 🙂 Sou wat wou gee om in alle dinge van die bybel dieper insig te hê, maar hoe dieper ‘n mens kyk hoe meer besef ‘n mens hoe min jy werklik van die ontsaglike grootheid en wysheid van God inneem en verstaan.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar op travel460 Kanselleer antwoord