Lysies werk nie vir my nie

En nee, dit het ook nog nooit! Ek maak wel lysies wat ek verloor of verlê. Die doel van my lysies of my beplanning is dan gewoonlik om te fokus en my gedagtes agter mekaar te kry, maar nie om slaafs ná te volg nie. Ek sal wel soms daarop loer om te sien wat ek nog nie gedoen het nie.

So het ek mos vertel hoe ek in detail alles dokumenteer wat ek inpak. Elke boks word genommer en gemerk en op geskryf wat alles daarin is, wat ook op die rekenaar aangeteken word. Kyk, dis nou sommer bog! En laat ek jou vertel, ek het dit vooraf al geweet! 

My pakkery het só begin: Iewers op ‘n boekie het ek wel effens aangeteken wat ek al gepak het. Dáárdie boekie het ek reeds by dag 2 verloor. Toe kom my vriendinne met die raad van alles neerskryf, wat ek op die rekenaar gedoen het. Ek is mos gehoorsaam, sien!

Maar vandag het ek gesin my óú manier soos ek dit al soveel keer tevore gedoen het, werk vir my die beste: Ek skryf op die boks wat daarin is en in watter vertrek dit moet kom. Dis nou al die bokse behalwe die laaste lot wat inderhaas gepak is!

Ons kon vandag ‘n klompie van die bokse gaan uitpak in die nuwe huis. Dit gee my ‘n idee van wat ek kan en moet saamneem. Ek het veral besef dat dit nou tyd is om van ‘n hele klomp nonsens ontslae te raak, selfs al is ek nie ‘n minimalis nie, daar is ‘n gróót verskil tussen ‘n dorpshuis en ‘n plaashuis!

Die gala is aan!

So, with today’s prompt in mind, I have to resist to take everything with me that I collected over fifty years, but give some of them to people in need. Bless others as I am blessed. 

Be blessed!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Is ek te laat vir ‘n nuwejaarswens?

Toortsie by Pinterest

10 thoughts on “Lysies werk nie vir my nie

Gesels saam, asseblief!