Net ‘n bietjie water, asseblief

Anders as die norm, stap Jesus deur die Samaritaanse gebied en stop by Jakob se put, waar Hy, ook anders as die norm, met ‘n vrou begin praat. Hy vra vir haar ‘n bietjie water en bied vir haar Lewende Water aan.

Hul gesels ‘n bietjie en sy raak oortuig daarvan dat Hy die Messias is. En net daar vang sy my aandag en my grootste respek.

Want, as ek dit reg verstaan, was sy nie een van die voorste vroue in Sigar nie. Ek dink sy was ‘n randfiguur, ietwat van ‘n uitgeworpene. Een wie se woord nie vreeslik ernstig opgeneem sal word nie. Een na wie die mense nie eintlik sal luister nie of vir haar sal volg nie.

Maar sy is só oortuig van dit wat sy nou net gehoor en gesien het dat sy haar vrese, haar skaamte, net daar in haar sak steek, haar waterkruik net daar los en vir die dorpsmense gaan roep. ‘Kom kyk, dis die Christus wat by die put is.’

Hulle glo haar en kom kyk en net daar kom ‘n hele dorp tot bekering!

Wát ‘n voorbeeld!

Net weer eens ‘n bewys dat God gewone mense gebruik om Sy werk te doen. Ons hoef nie onbevoeg te voel nie, Hy rus ons toe om dit te doen waarvoor Hy ons roep.

Kom ons wees soos die vrou by die put by Sigar, sterk, vreesloos en vasberade!

Toortsie

Joh 4

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Skryf jou stories!

Toortsie by Pinterest

Advertisements

10 thoughts on “Net ‘n bietjie water, asseblief

  1. Yep, God chose the foolish things of the world to shame the wise. God chose the weak things of the world to shame the strong. He chose the lowly things of this world and the despised things and the things that are not to nullify those things that are.So that no one may boast before Him.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s