Reblogging

Reblogging. Iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar die keer of wat wat iemand al een van my stukkies ‘reblog’ het, vir my geweldige vreugde gegee het. Om die waarheid te sê, ek het nog nie eintlik veel daaroor gedink nie.

Nou het ‘Wag ‘n bietjie‘ vir my ‘n heel nuwe blik op ‘reblogging’ gegee. Hy maak dit sy werk om oulike blogs te ‘reblog’ en WAT ‘n plesier is dit nie! Hy het my nou al gelei na die oulikste blogs waarvan ek niks weet nie, want hoe kan ons nou van almal weet? WordPress blogs. Blogs wat toevallig net nie op die oomblik wanneer ek kyk, onder nuutste of bestes lê nie, of dalk nie by die Afrikaanse blogs wys nie! Dis soos ‘n nuwe wêreld wat oopgaan.

Nee, ek gaan nou nie skielik begin reblog nie, ek is te lief vir my eie stem! My poging is mos my faceboekblad waar ek ook oulike bloginskrywings wat ek weer raaklees, plak. My idee daarmee is om juis faceboekers wat nie noodwendig bloggers is nie, te betrek, te nooi om ons blogs te lees. Die wit hasie het nou ‘n soortgelyke idee met haar faceboekblad en dit maak my baie opgewonde, want sodoende bevorder ons Afrikaans en ook blogs.

Dan is daar natuurlik Blik wat al die nuwe Afrikaanse bloginskrywings lys.

Noudat ek die WordPress leser ontdek het, het blogging natuurlik ‘n nuwe dimensie gekry. Sien, my onthougoed is nie altyd so lekker nie en dan vergeet ek soms waar al die lekker leesplekke is. Ai dit raak net lekkerder en lekkerder om al die nuwe blogs te ontdek.

Mooi loop en dankie vir elkeen van ons bloggers wat so lekker skryf.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Google is ‘n dame

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

24 thoughts on “Reblogging

  1. Dankie Toortsie. Moet sê ek geniet dit om alles te lees wat mense kwytraak. Ekself het nou nie juis talent om oulike artikels te skryf nie…dit is hoekom ek maar die reblog roete volg. Nogal verbased dat verskillende onderwerpe ‘n raakpunt vind by iemand. Ook verbasend is dat daar vanaf ander lande ook reaksie kom oor ons Afrikaanse artikels. Mooi!

    Like

    1. Ek daag jou uit om te waag om tussen-in ook self ietsie te skryf. ‘n Mens voel maar bang in die begin, maar dit raak mettertyd makliker. Kyk net jou oulike kommentaar wat jy gelewer het hier. Brei dit ‘n bietjie uit en voor jy jou kom kry het jy ‘n hele blog! Dit hoef nie baie woorde te hê nie. Skryf oor wat vir jou interessant is, dit maak nie saak wat nie, daar sal altyd ander mense wees wat dit ook interessant vind. Toe man! 🙂

      Liked by 1 person

        1. Ek probeer dan selfs nou in Engels en wonder stilweg of ek nie myself skade doen daardeur nie, maar ek wil die Engelse Banters bereik en hul is nie lus om hier te kom uitsoek tussen die Afrikaanse bloginskrywings nie. Ek sukkel, maar glo dit sal mettertyd hopelik verbeter. Oefening …

          Liked by 1 person

          1. Sterkte! Ek werk tans aan ‘n ebook oor banting resepte. Die artikel daaroor het ek op ‘n blog gekry – ene Anne Hattingh het die inhoud vanaf Facebook & die Internet saamgestel. Ek het haar gesoek om toestemming te kry om dit op Wag ‘n Bietjie as ‘n aflaaibare eboek te post. Ek is so 80% klaar daarmee maar kan ongelukkig nie vir Anne opspoor nie. Ek het by die persoon wat dit gepost het navraag gedoen …maar sy ken Anne nie persoonlik nie.

            Like

  2. Waar liewe Toorts kry jy nog tyd om na baie ander blogs ook te lees? Ek probeer op datum bly met die groepie waarmee ons meeste kontak het. Jy gaan my ‘n minderwaardigheidskompleks gee 😦

    Like

    1. Op ‘n manier het ‘n klomp van jou kommentare in die ‘spam’ boksie beland, hoe weet ek nie! Ek het hulle nou almal mooi ‘ontspam’. Ek het heirdie kommentaar van jou loop soek en kon dit nie kry nie. Die fb blad stel die blogs bekend aan ‘n wyer gemeenskap, mense wat nie eers WEET van blog nie, kom tog nou by dit uit. Doen daai ding!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!