Musiek in die Bybel (1)

Musiek het ‘n wonderlike eienskap en dit is dat dit kan bydra tot mense se gemoedstemming. Dit dra by tot die atmosfeer. Is die musiek hartseer, voel ek ook hartseer. Is dit lig en lewendig, spelerig, voel ek ook so. Vanaf November herinner die kersmusiek ons dat Kersfees kom en ons moet geskenke koop. Restaurante gebruik musiek ook meesterlik: Is dit ‘n restaurant waar hulle wil hê die mense moet die hele aand kuier, drankies bestel, rustig eet, is dit rustige musiek wat gespeel word. Ander restaurante wat eerder ‘n vinnige omset van mense wil hê, wil hê dat die mense vinnig moet bestel, klaar eet en loop sodat die tafel weer oop is vir die volgende gaste, sal vinniger, lewendiger musiek speel. Wat gebruik musiek beter om atmosfeer te skep as flieks? Jy hoor sommer die gevaar aankom, lank voor jy dit kan sien. Ons is ingestel op musiek, selfs al hou ons nie daarvan nie, of is ons nie musikaal nie.  Elkeen van ons is ‘n musiekinstrument. Ons bring klank voor, ons het almal ritme in ons praat en loop en doen en late.

Musiek speel ‘n groot rol in die Bybel. Musiek is al van die vroegste tye af in eredienste gebruik. Van gemoedstemming gepraat, dit was altyd vir my so indrukwekkend hoe die jonge Dawid vir koning Saul moes gaan musiekmaak as hy omgekrap was.

Musiek was belangrik genoeg in die Bybelse tye dat dit opgeteken is in Gen 4:21 dat Jubal die stamvader was van die musikante, van hulle wat die siter en die lier bespeel het.

Siter https://i.ytimg.com/vi/7JopLHgQJg0/hqdefault.jpg
Siter
https://www.google.co.za/search?q=siter&espv=2&biw=1600&bih=775&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwiYuYrM8svKAhUCxxoKHcjZCY0Q_AUIBigB#imgrc=nroW3Ae0c_L9IM%3A

(Foto: https://i.ytimg.com/vi/7JopLHgQJg0/hqdefault.jpg)

Lier Bron: Musiek (Ooggetuie reeks)
Lier
Bron: Musiek (Ooggetuie reeks)

Musiek is deur die eeue op verskillende maniere gebruik en misbruik. In Daniël 3:5 word baie duidelik gestel dat wanneer hulle die geluid van ‘n trompet, fluit, siter, lier, harp, ‘n ander blaas- of musiekinstrument sou hoor, hulle moes buig voor die beeld van koning Nebukadnesar en dit aanbid. Sjoe! As ek nou dink hoe dit vroeër dae in my huis gegaan het, sou ek niks anders kon uitrig as net om heeldag vir Nebukadnesar te aanbid nie. Daar was ‘n stadium wat die enigste tyd was wat ek níé musiek gehoor het nie, slegs was wanneer my meisiekind geslaap het! Wat ook vir my interessant is van hierdie versie in Daniël, is die groot aantal musiekinstrumente wat toe al bekend was.

So met tyd sal ek vir julle nog vertel van die gebruik van musiek en musiekinstrumente in die Bybel.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

Musiek in die Bybel op Pinterest

Bron: Bybel in Praktyk, Die Boodskap, Ooggetuie reeks: Musiek

18 thoughts on “Musiek in die Bybel (1)

  1. Baie interressant – ek connect as ek na gospel musiek luister.
    Musiek stem beslis my gemoed en sommige liedjies sal my altyd aan n spesifieke seisoen of persoon in my lewe laat dink.

    Like

  2. Dis vir my ook en van die mooiste dele om van Dawid te lees wat Saul kalmeer met sy musiek. Saul die groot koning wat n skaapwagter nodig het om hom te kalmeer. Die stukke wat die orrellis voor die diens speel het ook altyd n kalmerende effek om my.

    Like

    1. Ja, nog REGTE orrelmusiek. Mens hoor dit deesdae min. Orreliste is ‘n bedreigde spesie. Swellendam se NG kerk is so bevoorreg om nog ‘n opgeleide orrellis te hê, en dan sal mense nog oor haar ook kla!

      Like

  3. Lag ek nou vir jou wat heeldag Nebukadnesar sou moes aanbid. Verwonder my vanoggend aan die lange Psalm 8 wat Dawid vir die Here gesing het. “For the director of music. Of David the servant of the Lord. He sang to the Lord the words of this song when the Lord delivered him from the hand of all his enemies and from the hand of Saul.” Seker op sy harp gespeel en gesing. Wens ek kon dit hoor.

    Like

  4. Ek wonder ook – is alle musiekliefhebbers so half doof gedurende hulle tienerjare dat hulle die volume so hoog moet draai? (Ja, ek het dit ook gedoen). Nou hoor ek deesdae in die motor hoe my kinders die liedjies van my tienerjare uit volle bors sing! Dan is hulle nogal verbaas as ek begin saamsing!

    Like

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord