Op aanvraag van seegogga.
Ek het heerlik aan ander se grille en geite gelees, en voel nou sommer beter. Ek is net mens wanneer ek naar word vir ‘n slymerige waslap, weier om in ander se badwater te klim, en nie van die poeierigheid op motte se vlerke hou nie. Dit is nie verkeerd om op die bed te spring, en te gil wanneer ek ‘n muis sien nie. (Hoe lyk ‘n muis? Die stad het net groot rotte.) Ek mag ook myself dubbel vou, en hande oor die kop huistoe hol as die voël in die lug, ‘n muislyf het. Om neus in die lug in ‘n ander ou se bed te klim – wetende dit is nie skoon oorgetrek nie – is ook nie verkeerd nie. Ek hoef nie Park Town prawns liefderik te omhels nie, ook nie enige ding met ‘n wurmlyf nie. (Verbeel ek my of was daar ‘n tyd dat ek sywurms op my tong laat loop het? 😯 ) Om oor ‘n vadoek te frons, en te wonder wanneer laas hy jik gesien het, is dood normaal. Dit sou abnormaal wees as ek nie van kleintyd af yskoud geword het wanneer kryt oor ‘n bord krap, of vingernaels oor glas nie.
Dan is met lang vingers vuil onderklere optel, sekerlik ook toelaatbaar. Om ‘n kind te vra “het jy jou hande gewas,” wanneer hy uit die toilet uitkom is reg…. kort voor lank gaan daardie selfde hande vir jou ‘n taai swiet bring. Om in trurat te gaan wanneer ‘n publieke toilet nie gespoel is nie, is nie ‘n teken van snobisme nie.
Op hierdie Maandag is ek gerus gestel dat van – goggas maak vir baba bang, tot waar ouma leunend op haar kierie die ritteltits kry – deel is van menswees. Ek wag in afwagting op die dag dat ek sonder gril of geit, leeus in die oë gaan kyk.
Elke Kameel het ‘n Vlooi…. dus vra ek die vlooi om van haar te laat hoor.
Ja nê ! toe jy so goggas maak vir baba bang aanhaal… my kinders het net so absurde stertjie bygesit vir die skokeffek ‘goggas maak vir baba bang…baba beskyt die hele gang!” dit is nou gril in die derde mag kwadraat … die skoonmaak sessie.
LikeLike
😆
LikeLike
Daai stukkie van in ‘n ander ou se bed slaap… baie waar!! Gril sommer nou weer lekker net om te dink daaraan!
LikeLike
Hello dalenatjie. ‘n Mens verstaan mos nie altyd wat ‘n ander persoon deurmaak nie – maar wanneer dit by ‘n gegrillery kom vir sekere dinge – dan verstaan ons 😉
LikeLike
ja nee kyk – hygiene stuff – dit laat my koud … grrr … gril groot
LikeLike
Nou dat jy dit so noem….”hygiene stuff” speel ‘n groot rol. Hoe leer ek myself nou so beter ken op die Maandag 😉
LikeLike
ek lees en sien of hoor of lees niks wat vir my abnormaal voorkom nie Kameel
LikeLike
Ek is net mens 😉
LikeLike