Groot mond

Ek is nie die wêreld se taktvolste mens nie. Ek is wel impulsief en het ek deur die jare baie in die moeilikheid gekom omdat my mond baie vinniger as my verstand is. Wanneer my verstand dan inskop, het my mond alreeds baie moeilikheid gemaak. En naïef, wat veroorsaak dat ek nie altyd ver genoeg dink nie en iets sê, niksbedoelende, en dan mense vreeslik kwaad maak in die proses. Hoe meer ek blog, hoe meer besef ek ook dat ek maar net uit my eie ervaringswêreld skryf en kan skryf, en dat sommige van die dinge wat ek skryf, vir ander mense kan ontstel omdat hulle in heeltemal ander omstandighede leef. Soms voel ek selfs simpel as ek dan van die ander mense se reaksies lees en besef dat ek die storie heeltemal van ‘n ander kant af beet het!!

Geluukig het ek darem in my lewe baie geleer.  Ek het boeke gelees, kampe bygewoon en in die proses het ek in my menswees gegroei en het ek ook baie sensitiewer geraak oor wat ek vir mense sê en probeer ek doelbewus my woorde kies sodat ek nie mense in die proses seermaak nie. Tog gebeur dit juis wanneer ek so oorversigtig is dat ek op mense se tone trap. Want ek weet nie altyd watter bagasie die mense saamdra en dat dit wat ek in onskuld sê vir daardie persoon baie meer betekenis dra as wat ek gedink of bedoel het. As ek dan vir so ‘n persoon sê ek is jammer, bedoel ek dit opreg, uit my hart uit, en sal ek net in die toekoms nog meer sensitief probeer wees. En ek vertrou dat God die bedoelings van my hart ken en die ander persoon help om my te vergewe. Want ek is ook maar net menslik en maak menslike foute… Trap julle ook soms in die slaggat van verkeerde goed op verkeerde tye sê?

Postaday: What’s your idea for a perfect Sunday? How would it differ from a typical Sunday?

Troutip: Vandag gaan ons niks negatiefs van of vir ons huweliksmaats sê nie.

22 thoughts on “Groot mond

        1. Ekskuus!!! Lyk my ek gaan vandag net om verskoning vra. Ai tog!! My eie pa was een wat regtig ook maklik om verskoning gevra het en dit bedoel het, en my broer! So, ek het GRUWELIK veralgemeen!!! sorry sorry sorry

          Like

      1. Ek dink mans erken maliker, want die meeste mans is paktiese mense, ons monde hardloop nie sommer ons breine vooruit voordat ons iets eers deurdink het nie. So dit gebeur nie so gereeld soos met ‘n vrou wat dalk eerder impulsief op emosies reageer nie.

        Like

  1. Ek het self nooit in die takt ry opgeëindig nie.

    Ek wonder tog of ons as ‘n samelewing nie te taktvol geword het nie. Die 10 geboeie van die OT is in die NT met twee vervang. Dit alles is met een vervang. Jy sal nie iemand aanstoot gee nie – ongeag of die aanstoot verdiend was of nie.

    Like

    1. Xena, ek kom op die ou end nog steeds die beste reg met die ou wat my dalk ‘n bietjie skeef gesê het, maar dit ten minste bedoel het. dit gee my STUIPE as iemand baie nice vir my iets sê en ek dink in my agterkop: “Jou BLIKSEM!! Jy gee mos nou voor!!” Ek verkies om te weet waar ek staan. en ek probeer maar my mond hou, maar gewoonlik weet mense ook presies waar hulle met my staan.

      Like

      1. MAAR ek kan ook nie sê ek is so gemaak en so gelaat staan nie. dit gee ons nie die reg om almal te storm nie! So, ekself moet maar elke dag vra vir ‘n hele army om my mond in toom te hou!!

        Like

  2. Hoe oppers vervelig sallit tog wees as jy jou inskrywings skoei op wat jy dink die gemiddelde mens se opinie / sienswyse is oor ‘n onderwerp. Ek verkies om op ‘n blog te loop kuier waar ons soms wel mag verskil. Dalk, net dalk, ‘change ek my mind’ oor ‘n spesifieke issue – en indien nie, leer ek tenminste die ander se standpunt insien aldan nie respekteer.

    Like

  3. Stem, ek hou ook van eerlike opregte mense!!! Hulle kan maar op my tone trap (van eerlikheid), want dan is dit nodig – en in elk geval, ‘n “fout” is nie ‘n fout nie, mens leer daaruit – so dis goed, want dan kan jy dit positief verander (hopelik)!!!
    Mense kan soms ‘n opmerking verkeerd interpreteur (groot woord, check net spelling asb.) Jy het niks slegs of leliks enigsins bedoel nie, maar die persoon sien dit so…. Dalk is hy/sy nie positief ingestel nie…. In elk geval dan maar sy probleem, of hoe??

    Like

  4. Daar is iewers ‘n sêding wat lui “dit is makliker om verskoning te vra as toestemming” Eerder ‘n “motormouth” en die skade is klein en maklik repareerbaar as wat jy soos ek jou mond hou en goed opkrop en wanneer daai vulkaan die dag uitbars is dit chaos

    Like

  5. Ek druk gereeld my voet (soms sommer albei) in my mond. Is omdat ons so vinnig dink en dan dink ons en praat dadelik en dan kom die ordentlik dink eers agterna 😆 Of so iets 😉

    Like

  6. Ek kan nie help nie, as mense my iets vra, moet ek eerlik wees. Ek het maar onlangs eers geleer om net stil te bly as iets my nie aanstaan nie……tensy ek nou pertinent gevra word, natuurlik

    Like

Gesels saam, asseblief!