Kameel – Leer my soen

9663dc49a2d2fa45a9fa83a045d93548--romantic-scenes-first-kissSy staan voor my, daardie mooi oë van haar vol erns. “Is daar nie ‘n plek in Johannesburg waarheen mens kan gaan wat jou leer hoe om te soen nie?” Ek wil lag maar hou myself in. Jay, my hartskind… sixteen years old and never been kissed before. “Nee, daar is nie so ‘n plek nie, hoekom vra jy?” Sy verduidelik dat sy bang is sy kry ‘n kêrel en dat sy nie sal weet wat om te doen as hy haar wil soen nie. “Ek wil rêgtig, rêgtig leer hoe om te soen mamma,” eindig sy nogsteeds die ene erns. Jay, ons dogter wat van kleintyd af alles volgens reëls doen. Gaan ons op vakansie moes ons eers vir haar die reëls van die plek lees voordat sy kon ontspan. Dié dag op Tafelberg kon sy net-net lees. Ons wou gaan stap maar sy het eers al die reëls gelees en ons, ons dae gegee sou ons enige reël oortree.

En nou soek sy by my die reëls van hoe om te soen!!! Hoekom het niemand nog ooit daaraan gedink om ‘n reëlboek vir soen uit te bring nie? Ek stel haar gerus dat wanneer die dag van haar eerste soen aanbreek dit natuurlik sal gebeur…. en sy met tyd sal verbeter.

‘n Paar maande later ontvang Jay ‘n bos blomme. Ek neem ‘n foto van ons blosende kaalvoet dogter. Eintlik is sy nog net kind, dink ek. Die held daag ‘n week later op. Donker, aantreklik, twee jaar ouer as Jay maar alreeds werkend, en gewoond aan die wêreld. Miskien sou ‘n stamelende sestienjarige ons meer gerus gestel het, maar Jay het heel duidelik haar hart op dié donker kêrel verloor. Ken lê streng reëls neer vir die kom en gaan van die twee, en Chanté speel met tye chaperone. En toe kom die aand van die groot toets!!!

Ek en Ken sit in die sitkamer en tv kyk. Jay het soos gewoonlik haar held by die kar gaan afsien – die volgende oomblik gaan die voordeur oop en soos blits hardloop sy verby ons, gang-af. Toe ek by haar kom lê sy op haar bed en snik. Ek gaan sit by haar, en ‘n rukkie later moet ek hoor dat die held haar probeer soen het. Sy het so groot geskrik dat sy die hasepad gekies het. “Hy gaan nooit weer terugkom nie mamma, nooit weer nie. Ek weet nie hoe om te soen nie!!” Die desperaadheid in haar stem doen iets aan my eie hart. “As hy vir jou omgee sal hy terugkom Jay,” troos ek. “Skryf vir hom ‘n brief en verduidelik dit vir hom.” Sy raak stil, vee haar trane af. “Ek sal vir hom skryf, miskien verstaan hy,” sê sy hoopvol.

Jy moes jou mond gehou het Kameel!!!

36 thoughts on “Kameel – Leer my soen

    1. Vroeg ryp, vroeg vrot soos die spreekwoord sê. Ek dink ons almal se harte klop maar onrustig wanneer ons na ons kleinkinders en die wêreld kyk. Opkyk Boontoe is my enigste hoop!!!

      Liked by 1 person

    1. Sy was so pragtig, kinderlik en onskuldig. Hy het teruggekom ja, en as hy mooi met haar te werk gegaan het sou hy ‘n vrou gehad het wie se hart totaal aan hom behoort het, en sy geluk eerste gestel het. Hulle is getroud en hulle storie nie mooi nie.

      Liked by 1 person

        1. Hulle het twee kinders saam. ‘n Veertienjarige dogter en tienjarige seun. Sy is werklik deur baie diep waters en tot na haar egskeiding bly hy (en sy familie) vir haar ‘n nagmerrie. Is daar ooit ‘n “and they lived happily ever after,” in die werklike lewe?

          Liked by 1 person

                1. Ek druk op jou naam hier waar jy kommentaar gelewer het…. dit is hoe ek nog altyd doen dan vat dit my na jou blog toe. Ewe skielik wil dit nie…. seker fout by my. Wil jy nie asb jou blogadres vir my gee nie dan probeer ek so. Ek mos maar rigtingbeduiweld op die internet.

                  Like

    1. Ek het so geglo haar lewe gaan mooi verloop. Die enigste beplande baba uit agt kinders. ‘n Juffrou het eenkeer vir my gesê as haar naweek chaoties verloop kan sy nie wag om die Maandag by die skool te kom net om in Jay se oë te kyk om weer rustig te raak nie. Jay het baie seer gekry… en net partykeer skop daar opstandigheid in my dat sy soveel pyn moet deurmaak. As ma’s bid, glo en vertrou ons dat alles ten goede sal meewerk.

      Like

  1. Aha, hier is ons weer by daardie eerste soen van jou! Toe ek nou die dag so oor die Coce-vragmoterbestuurder gepraat het, het ek lekker terug gedink aan daardie jongwees jyd en verlief wees op die onmoontlikste persoon. Ek moet beslis dit aanteken terwyl my brein die inligting vir my opsoek en oopmaak. Gelukkig het Jay vir jou om darem haar hart oop te maak. Dis so belangrik dat daaroor gepraat word. Al is dit dan nie op die manier wat jy eintlik wou nie.

    Liked by 1 person

    1. Daar het baie water na daardie dag in die see geloop. Haar lewe saam met dié liefde van haar wat later haar man geword het sou ‘n boek oor geskryf kon word…. met ‘n ongelukkige einde. Hy en sy familie is haar nagmerrie al is sy lankal van hom geskei. Ek glimlag vir jou en jou coca-cola man. Om te dink hy het nie eers geweet hy het jou hart vinniger laat klop nie. Oooo ek was op sestienjaroge ouderdom so verlief op my neef wat by ons gebly het se een vriend. Hy was verloof en ek kon sy verloofde nie verdra nie. Ek was so hartseer die dag toe hulle getrou het.

      Like

      1. Dis so jammer dat seker kinders ekstra swaar en hartseer moet beleef. My man se eerste vrou was soos n neet skielik toe sy agterkom hy is weer getroud. Na sy dood het sy die vermetelheid gehad om my prokureur te bel om te vra wat sy uit sy boedel gaan kry. Gelukkig het die prokureur geweet van my omstandighede en vir haar gesê daars niks om te erf nie. HY was werkloos en n boemelaar. Wat waar was. Gelukkig het hy sy polis aan my bemaak wat my aan die gang gehou het in die begin.Of te wel ek het dit vir my seun belê sodat hy verder kon gaan leer.

        Liked by 1 person

        1. Ai scrapy partykeer wens ek ek kan by jou sit en die hele storie rondom jou man hoor. Hoe julle ontmoet het, julle lewe saam ens ens. Dit klink of jy tog baie lief was vir hom. Die lewe vra nie vrae nie…. nounet slegte nuus gehoor. My skoonseun en twee kleinseuns ry ernstig fiets. Hulle is ‘n groep maats en pa’s wat saamry. Vanoggend is een pa – seker so 40 jaar oud – dood aan hartaanval in die ry.

          Like

          1. Ag jong, ek het net gevoel ek moet dit gedeel het. Hy was my eerste en enigste liefde gewees. Dis nie lekker om te hoor van sulke jong mense wat aan n hartaanval doos gaan nie. Dink jy dis die warmte wat ook n oorsaak kon wees?Hier met die hittegolf bly hulle sê ou mense en klein kindertjies moet baie water drink. Die hitte vang my nogal, my bors wil net toetrek. Nou sê hul dit gaan nog warmer word die volgende paar dae. Dis vanmiddag laat syeeds 51 grade op my dak gewees. Temp binne was 28. Die volmaan moet nou verby kom dat ons kan afkoel.

            Like

Gesels saam, asseblief!