Hoe begin jy ‘n nuwe blog?

Sommer herpublikasie: Ek het hierdie “blogging for dummies” al in September 2010 geskryf. Intussen het dinge al ietwat verander.

Hoe begin ek?

Stap 1.  Besluit: Gaan jy in jou eie naam blog of gaan jy onder ‘n skuilnaam werk?

Stap 2. Skep epos:

Gaan na www.gmail.com en kies CREATE AN ACCOUNT.

Vul al die blokkies in en skep vir jou ‘n epos-adres in die naam waarin jy gaan blog. Baie belangrik! Hou die hele tyd ‘n boekie byderhand en elke “username”, “password”, adres en wat ook al wat jy intik, SKRYF JY NEER! Want jy gaan dit nog weer nodig kry!!  Let wel, in gmail word slegs ‘n epos-adres geskep. Kyk by stap 3 hieronder vir die skep van die blog.

Stap 3.  SKEP BLOG

Gaan na toortsie.com, of kyk heel onderaan hierdie blog op die onderste, linkerkantste hoekie, staan ‘Blog at wordpress.com’. Kliek daarop.

Kliek op GET STARTED.

Vul die antwoorde op die vrae wat hulle vra.

Volg die stappe en weer eens, SKRYF NEER! Skryf veral die adres van die blog neer!! Begin jou nuwe blog. Besluit hoe dit gaan lyk, en hoe jy dit wil maak. Gee vir hulle jou gmail-adres waar hulle jou eposadres vra. As als klaar is, stuur hulle vir jou ‘n epos.

Stap 4. Terug na jou gmail-adres. WordPress sal vir jou ‘n epos stuur. So, gaan kliek op die skakel wat hulle vir jou gee. Dit is die goedkeuring om ‘n nuwe blog te begin. Kry jou blog aan die gang!!

Stap 5. Gaan na jou BEHEERPANEEL. Daar verander jy alles soos wat jy dit wil hê. Toets maar. Kliek op iets, verander en gaan kyk hoe lyk jou blog.

Kliek op APPEARANCE of VOORKOMS.

By TEMAS of ONTWERPE kies jy die GESIG van jou blog.

Gebruik “Widgets”. om jou blog JOUNE te maak. Dit het te doen met hoe die blog vir die lesers lyk. Wil jy byvoorbeeld hê dat jou vorige skywes se titels moet wys? Wil jy hê dat die kommentare van lesers sigbaar moet wees, ens. Jy kliek net met die muis op een van die blokkies en trek dit dan na die blok op regs. 

As jy op HEADER of KOPSTROOK kliek, verskyn ‘n hele klomp opsies van goed wat jy kan verander, bv die titel en beskrywing van jou blog, die agtergrond, ens.

Stap 6. Die heel belangrikste!!! BEGIN SKRYF.  Kyk bo-aan die bladsy is daar ‘n blokkie, “ARTIKELS”. Kliek daarop en dan op “SKEP NUWE” en SKRYF!!! Besluit ook watter kategorie jy wil gebruik. Tik op Add New Category aan die regterkant en skep die nuwe kategorie.  As jy ‘n foto wil bysit, lees die volgende item.   Dan kliek jy PUBLISEER.

7. Oor foto’s:

Om ‘n foto te laas, kliek op VOEG MEDIA BY bo-aan die bladsy.

As jy een van jou eie foto’s gebruik, kies KIES DOKUMENTE. Dan kies jy jou foto wat jy wil opsit.

Om ‘n foto van die internet af te haal, regskliek jy op die foto, kliek op COPY IMAGE URL. By jou nuwe skrywe, kliek op VOEG MEDIA BY. Heel links, kliek op VOEG VANAG URL BY. Regskliek op die blou ingekleurde http… en PASTE.

Jy kan natuurlik foto’s gaan leen by Google Images, maar daar is kopiereg op. Ek weet nie hoe veilig dit is om dit te gebruik nie, en as jy dit wel doen, sal dit goed wees om erkenning te gee aan die webblad waar jy die foto gekry het.

8 Kommentaar van ander

Enige kommentaar wat iemand anders op jou blog lewer, moet jy eers magtig. Dit verskyn nie sommer net op jou blog nie.  In jou BEHEERPANEEL, kliek op KOMMENTAAR. Onder die kommentaar, kliek op MAGTIG.

Jy kan dit ook stel dat dit sommer altyd gemagtig is, dat jy nie nodig het om eers kommentare te magtig nie. Kliek op INSTELLINGS. BESPREKINGS. Kliek dan op al die blokkies at jy wil om dit volgens jou persoonlike behoeftes te kry.

Sou jy dalk om een of ander rede voel dat  jy nie van die kommentaar van ‘n sekere persoon hou nie, of dalk net van ‘n spesifieke kommentaar nie hou nie, kan jy dit gaan verwyder.

8. Om jouself bekend te stel:

Gaan lees die ander mense se blogs!  Lewer by hulle kommentaar sodat hulle van jou kan weet! Maak seker dat jou VOLLEDIGE blogadres ingevul is by die URL, sodat as mense daarop kliek, hulle by jou blog uitkom.

Vertel vir jou vriende dat jy ‘n blog begin het, en dat hulle daar kan gaan loer.

Om die Facebook, Twitter, Epos tekens onderaan jou skrywes te kry: In jou BEGEERPANEEL,  kliek op SHARING. Kies by Available Services die tekens wat jy by jou wil laat verskyn en trek dit na Enabled Services.

9 Jou kenteken (Gravatar)

Kies LEDE, ALL USERS

Onder jou naam kies jy WYSIG.

Regs gaan jy ‘n blokkie sien met jou gravatar.
Kliek change your gravatar.
Jy kan dan ‘n kenteken van jou keuse laai.

10 Koppel ‘n persoon se skrywe aan joune:

Wanneer jy van iemand praat of verwys na ‘n spesifieke skrywe, moet jy die persoon tag. Jy gebruik die blogadres van daardie spesifieke skrywe, deur dit in te kleur en regskliek daarop. Copy.
In jou eie skrywe kleur jy dan die woord wat na die ander bloginskrywing verwys, in. Bo-aan is ‘n icon wst soos ‘n ketting lyk. Kliek daarop.
Langs Link URL regskliek jy en kliek PASTE.   By Target kan jy kies of jy wil hê dit moet in ‘n ander venster of op die huidige venster oop maak.  Die res kan jy maar ooplos.  Kliek dan net insert.  Dit is dan gelink. (En net langs die ketting icon is ‘n ketting wat gebreek is. Sou jy die koppeling wil kanselleer, dan kliek jy net weer daarop!!)
Dis altyd beter om ‘n bloginskrywing se adres te gebruik as die blogadres. Dan stuur WordPress vir die spesifieke persoon ‘n boodskap dat hy getag is.
11 Oor “Tags“:
Soms is daar tagspeletjies. Jy begin ‘n storie, of kies ‘n onderwerp waaroor jy voel ander ook moet skryf. In jou skrywe sit jy die reëls uiteen. Jyself skryf oor die onderwerp, en tag dan 2 of 3 ander persone om ook daaroor te skryf, en weer nóg 2 of 3 persone aan te wys. Jy tag die mense op die manier wat hierbo beskryf is.
Wanneer jy getag word, moet jy terug verwys na die een wat jou getag het, met die ooreenstemmende bedanking, klagte of kerm.  Jy doen dan jou huiswerk en deel dit dan aan ‘n paar ander mense uit.  Die nuwe mense sal dan kan sien hulle het huiswerk.  Dit is nogal ‘n goeie idee om net op hulle blog ‘n boodskap te gaan los dat hulle huiswerk het.

12 As jy vasdraai???

As jy vasdraai, vra jy sommer op jou blog vir hulp en binne minute sal daar iemand wees wat met liefde vir jou hulp aanbied!! Julle kan ook by hierdie skrywe raad vra. As ek nie kan help nie, sal iemand anders beslis help.

Lekker skryf! Ek hoop iemand kan hierdie inligting gebruik en dat hier sommer ‘n hele klomp nuwe gesigte gaan bykom in blogland. As jy by hierdie blog geleer het, onthou om hom dan by jou te “tag”. Dis altyd vir my lekker om te weet as ek iemand kon help. Oor die jare het ek al baie oor blogging geskryf en bloghulp verskaf. Kliek net op die blou, onderstreepte BLOGGING, en jy sal by dit uitkom.

Groete

Toortsie

Toortsie se Faceboekpage