Placébo-effek

Party mense is vír vitamienaanvullers, ander daarteen. Ék is ‘n vitamiendrinker, my hele lewe lank.

Dit klink my dat baie dokters voel jy maak eintlik net duur piepie. Ja, dit is dalk so, maar kos is nie meer deesdae altyd wat dit veronderstel is om te wees nie.

Groente word in massas hanteer, op lorries gelaai en mark toe geneem. Dan kan ‘n dag of 2 verbygaan voor dit op die winkelrak verskyn, of meer nog, voor dit op jou bord verskyn. Teen daardie tyd is daardie geelwortel regtig nie meer die geelwortel wat op die land uit die grond getrek is nie!

So, my uitgangspunt was nog altyd, ek gee vir die liggaam die aanvullers, hy kan maak daarmee wat hy wil.

My dokter sê nou die dag, dat, as jy dit dan móét drink, jy die goedkoopstes op die mark moet koop, dit gaan tog net oor die placébo-effek, waarop ek antwoord dat ek die duurstes koop, die placébo-effek is daar die beste!

Placébo-effek of te nie, wanneer ek af voel en my multi-vitamines drink, het ek woema om baie te verrig. Dit laat my goed voel, gee my energie.

Die placébo-effek werk vir my. Ek kom nogals deesdae agter dat ek nie meer elke dsg vitamienaanvullers nodig het nie, dalk is dit my nuwe eetgewoontes?

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements