‘n Moeder van die bruidegom het mos maar min te doen met die reëlings van die troue. Dis iets soos…. dra beidge en…. Maar daar is darem ‘n paar verantwoordelikheidjies, soos ‘n paar mense wat moet klere kry…
Eerstens is daar twee oumas. Die een ouma kan al 5 maande voor die tyd aan niks anders dink as aan wat sy gaan aantrek nie. Terloops, sy het TWEE kleinkinders wat in ‘n kwessie van ‘n maand trou~!!! Genoeg om enige dame van 80 wat daarvan hou om by die mode te hou, opgewonde te maak. Die probleem is net dat die regte seisoen se klere nog nie in die winkels hang nie en sy nie meer self kan bestuur “oor die berg” nie. Planne word gemaak. En oorgemaak. Daar word sommer mense uit ‘n kantoor ontbied vir inkopies, ens.
Die ander ouma is weer heeltemal die teenoorgestelde. Ag, sy het so baie klere in haar kas! Sy het nog die rok wat sy op haar oudste seun se troue gedra het, en ook die pakkie klere wat sy op haar jongste kind se troue gedra het. So, wat is die moeilikheid?? Nee Ouma! Ons gaan iets nuuts koop vir die geleentheid.
Die pa van die bruidegom HET nog die pak wat sy skoonpa aangehad het toe hy en sy vrou 25 jaar gelede getrou het. ‘n Bokhaarpak. Ag, die moue is so ietwat te kort, maar eintlik is die pak ook mos heeltemal geskik???? Nee, nee, nee!!! ‘n Nuwe pak moet dit wees!!! Elke mens behoort ‘n goeie pak in sy kas te hê.
Dan is daar nog die tiener! Dis nie elke dag dat jou broer op JOU 18e verjaarsdag trou nie!!! En terwyl dit nou die bruid se verjaarsdag ook is…. ‘n Spesiale skepping sal dit wees!
Die bruid het gevra dat die moeder van die bruidegom sal help met die pak van die bruidegom… ek vermoed die bruid gaan dalk self moet inspring!
Die broer van die bruidegom is mooi groot en selfstandig, hy sal sekerlik self sorg.
En laaste, en die minste, is die moeder van die bruidegom. Sy kan darem seker nie in verlede jaar se kerkrok gaan nie? Gelukkig is haar eie trourok wat in die gang hang, heeltemal te klein!!
As dit net die werk van die moeder van die bruidegom wil ek nie weet wat die moeder van die bruid doen nie!!! Sies tog! Sy en die bruid slaap seker die 5 maande voor die tyd nie een nag nie om alles klaar te kry! Want hulle het ook mos ‘n klompie kledingstukke, en nog ‘n hele klomp ander reëlings ook!!
Maar ons gaan partiekie, troue hou, dans op die tafels!!! Tot nanag in ons heel mooiste “outfits”. Dié moet jy weet!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Faceboekblad