Stormkind

Stormkind -Riana Scheepers

Wat ‘n boek!

Aanvanklik het die taal my vreemd op die oor geval, maar sommer gou het ek verstaan. Die storie van Jana en haar ouma Lien en hulle konneksie met twee boesmanvroue. Jana wat haar ma moet gaan soek, maar eers moet leer om ‘n spoor te volg.

Hierdie is ‘n kosbare boek om te lees. ‘n Boek met baie diepte en waarheid. Ná aan die natuur.

Ek beveel dit beslis aan.

Toortsie