Ek het gister hierdie piesangslaai gemaak en dit was regtig baie lekker. Of ek dit sal aanbeveel vir die Bantingdieet? Ja, maar slegs ‘n klein skeppie. En nie as jou gewig stil staan nie. Onthou, piesang is op die oranjelys en jy kan maar net ‘n klein bietjie daarvan eet.
Maak dit in die volgende volgorde in ‘n slaaibak:
- Piesangs in skywe gesny.
- Een suurlemoen – eers die skil afgerasper en oor gegooi en toe die sap uitgedruk en ook oor gegooi.
- Heelwat xylitol oorgestrooi.
- Geurlose dubbelroom joghurt bo-oor en meng alles ‘n bietjie.
- Chiasade oor (heelwat)
- Strooi droë Cranberries en gojiberries oor. Sommer baie.
- Gevlokte amandels, effens geskroei (gebraai?) in ‘n droë pan oor ‘n lae hitte. (Ook sommer baie) Gooi bo-oor.
Bedien.
Toortsie