Vir die VLV van 2019 moes ons ‘n ballade skryf, volgens baie spesifieke voorskrifte. Ek het besluit om te waag, al is gedigte regtig nie my sterkpunt nie.
Op wysie van Oh Danny Boy.
Willemien – ‘n Ballade
O Willemien, jy was die mooiste dogtertjie
met ogies blou en haartjies sag soos sy
Maar Willemien, die lewe maak sy draaie
en vasgevang in duiwelsgoed was jy.
Ai Willemien, jy wil so graag verander
Ja Willemien, jy wil die mooi pad loop
O, Willemien, met vasbyt en met oorgawe
Kan jy dit maak, o ja, jy kan, ek is vol hoop.
Jy was maar tien toe jy met wreedheid kennis maak
te skaam, te bang om iewers hulp te vra.
So teen jou sin het ooms jou kindskap weggeroof
En jy alleen moes maar die skande dra.
Ai Willemien, jy wil so graag verander
Ja Willemien, jy wil die mooi pad loop
O, Willemien, met vasbyt en met oorgawe
Kan jy dit maak, o ja, jy kan, ek is vol hoop.
Diep ingetrek deur verwoestende maalkolkhel
van drank en tik en seks tot dob’lary
Die donker web, die engel van die naglewe,
gesellinklubs, die mag van swend’lary.
Ai Willemien, jy wil so graag verander
Ja Willemien, jy wil die mooi pad loop
O, Willemien, met vasbyt en met oorgawe
Kan jy dit maak, o ja, jy kan, ek is vol hoop.
Toe, op ‘n dag, het jy die braaf besluit geneem:
jou rug te draai op hierdie slawerny.
Met groot sukses, alleen die helleweg laat vaar
oorwinnend oor die helse brassery.
Ai, Willemien jy wil so graag verander
Ja Willemien jy wou die mooi pad loop
O, Willemien, met vasbyt en met oorgawe
Kan jy dit maak, o ja, jy kan ek is vol hoop.
O, Willemien, my Willemien, ek het jou lief.
Kopiereg: Madelé Burger
Ek het 77% daarvoor gekry en op die Overberg Sirkelkonferensie het ek ‘n tweede plek gekry. Die kommentaar:
Titel is gepas en deurgevoer. Die storielyn kon sterker wees. Struktuur nie heeltemal geslaagd nie: sterk klimaks en ontplooiing/sleutel ontbreek. Rymskema ABCB is perfek. 4/4 slagmaat slaag, behalwe vir ‘n paar reëls.
Ek voel baie trots en tevrede. Dis gewis ‘n eerste en enigste poging tot so iets. Die provinsiale kongres is ongelukkig afgestel as gevolg van julle weet wat, dus kon dit nie daar beoordeel word nie. As ek na die kongres sou gaan, sou ek nog ‘n bietjie skawe hieraan. Dalk die laaste strofe verander na ‘jy wou die mooi pad loop’ en ‘jy’t dit gemaak, o ja, jy kon, jy was vol hoop.’ Ek sou ook ‘die lewe maak sy draaie’ verander na ‘so onverwags, so onvoorsiens’ en ‘Jy was maar tien’ na ‘net tien jaar oud’. Verwoestende maalkolkhel sou word monstermagtig maalkolkhel.
I did it! Dankie aan juffrou Christa van Staden wat my gehelp het met die skaafwerk.
Toortsie
Die hersiene weergawe:
Willemien – ‘n Ballade
O Willemien, jy was die mooiste dogtertjie
met ogies blou en haartjies sag soos sy
Maar Willemien, ao onverwags so onvoorsiens
ja, vasgevang in duiwelsgoed was jy.
Ai Willemien, jy wil so graag verander
Ja Willemien, jy wil die mooi pad loop
O, Willemien, met vasbyt en met oorgawe
Kan jy dit maak, o ja, jy kan, ek is vol hoop.
Net tien jaar oud toe jy met wreedheid kennis maak
te skaam, te bang om iewers hulp te vra.
So teen jou sin het ooms jou kindskap weggeroof
En jy alleen moes maar die skande dra.
Ai Willemien, jy wil so graag verander
Ja Willemien, jy wil die mooi pad loop
O, Willemien, met vasbyt en met oorgawe
Kan jy dit maak, o ja, jy kan, ek is vol hoop.
Diep ingetrek deur monstermagtig maalkolkhel
van drank en tik en seks tot dob’lary
Die donker web, die engel van die naglewe,
gesellinklubs, die mag van swend’lary.
Ai Willemien, jy wil so graag verander
Ja Willemien, jy wil die mooi pad loop
O, Willemien, met vasbyt en met oorgawe
Kan jy dit maak, o ja, jy kan, ek is vol hoop.
Toe, op ‘n dag, het jy die braaf besluit geneem:
jou rug te draai op hierdie slawerny.
Met groot sukses, alleen die helleweg laat vaar
oorwinnend oor die helse brassery.
Ja, Willemien, jy wou so graag verander
Ja, Willemien jy wou die mooi pad loop
O, Willemien met vasbyt en met oorgawe
Jy’t dit gemaak, o ja, jy het, jy is vol hoop.
O, Willemien, my Willemien, ek het jou lief.
Kopiereg: Madelé Burger
Hierdie is my boodskap van hoop vir elke meisie wat vasgevang is in hierdie web, dat hulle die moed en krag sal kry om daaruit te kom. Dat hulle sterk sal staan en die mag wat ander oor hulle het, sal afbreek. Dat hulle die vroue sal word wat God beplan het hulle sal wees.
Toortsie