Leesuitdaging 2020

Die leesuitdaging vir 2020 by die Lekkerleesboekrak is as volg. Dit is deur Dewet Theron gegee:

Lees 20 uit 25 om die uitdaging te voltooi.

  1. ‘n Boek deur ‘n skrywer wat jy nog nooit voorheen gelees het nie.
  2. ‘n Boek wat jy in 2019 wou lees.
  3. ‘n Boek deur ‘n Rakker geskryf.
  4. ‘n Boek met meer as 500 bladsye.
  5. ‘n Boek gepubliseer in 2020.
  6. ‘n Debuut.
  7. Outobiografie/Biografie/Memoir.
  8. Boek 2 van ‘n reeks/trilogie.
  9. Boek waaroor daar kontroversie is/was.
  10. Historiese fiksie.
  11. ‘n Boek wat in die Noordelike halfrond afspeel.
  12. ‘n Boek waarvan jy al die film of tv-verwerking gesien het, maar nog moet lees.
  13. Fantasie/magiese realisme/wetenskapfiksie.
  14. ‘n Boek wat jou nostalgies maak.
  15. ‘n Boek met ‘n dier as karakter of in die titel of op die voorblad.
  16. ‘n Boek aanbeveel deur ‘n persoon jonger as 18.
  17. ‘n Omnibus of ‘n bundel
  18. ‘n Boek waaroor jy ‘n lesersindruk op die Rak plaas.
  19. ‘n Boek met iets wat mens kan eet of drink in die titel
  20. Kortverhaalbundel
  21. ‘n Boek met ‘n bonatuurlike element.
  22. ‘n Boek met ‘n eenwoord titel
  23. ‘n Boek aanbeveel deur ‘n persoon ouer as 60.
  24. ‘n Boek wat voor jou geboorte gepubliseer is.
  25. ‘n Boek wat se voorblad jou laat ril/gril.

Of ek heeltemal by die reëls sal hou, betwyfel ek. Blykbaar maak dit ook nie heeltemal so saak nie, solank ons dit net geniet. En omdat ek lief is vir koek, veral Banting kaaskoek, mag ek die koek maar sny, dit beteken, dieselfde boek by verskillende afdelings noem. 🙂 Maar eintlik mag jy ‘n boek net by een afdeling noem.

Blogmaats ouer as sestig jaar oud, hier het ek julle nodig.

  1. Watter boek sal julle vir my wil aanbeveel? Sommer net ‘n lekker storieboek, niks ingewikkelds nie?
  2. Watter boek wat voor 1962 gepubliseer is, sal julle aanbeveel?

Groete

Toortsie

Vir my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

Intussen het ek al een boek klaar, Kammaland, van Annelie Botes. Dit pas in by nrs 3, 7, 11, 14, 18. Ek sal nog deur die jaar besluit watter een ek gaan kies.