Beskerm jou huwelik

Geen reëls in die lewe is in yster gegiet nie, geen reël is gewaarborg nie, veral nie die reëls rondom huwelike nie. Verder loop die vyand ook nog rond soos ‘n brullende leeu en kyk wie hy kan verslind, watter huwelik hy kan vernietig.

Die huwelik is ‘n instelling van God en die duiwel sal alles in sy vermoë doen om huwelike te vernietig, want as hy die huwelik vernietig kry, gee hy sommer die gesin en veral die kinders ook op die koop toe moeilikheid.

Ons weet dat ons alles 100% reg kan doen en steeds werk dit nie. Dalk wil jou huweliksmaat nie probeer nie, om watter rede ook al. Dalk probeer jy regtig jou bes, maar kry net nie die resultate nie.

Ek kry die e-posse van intiem.co.za en elkeen van hulle is so spesiaal, maar soms is ek ook te lui, te moeg, te beduiweld, sommer net nie lus om dit te lees en te probeer wat daarin staan nie. Tog kan ek, danksy eie ondervinding en 33 jaar getroud wees, getuig dat wanneer ek positiewe boeke, kommentare, e-posse, stories oor huwelike lees, dit my aanspoor om harder te werk aan my eie huwelik.

Hierdie artikel gee raad oor hoe om jou huwelik te beskerm en ek wil jou aanmoedig om dit te gaan lees. Moenie dit net lees nie, pas dit ook toe. Probeer dit. Die kans dat jy gaan resultate kry, is goed.

Hulle noem die volgende:

  • Dat jy daagliks tyd moet spandeer met God.
  • Dat dit nie altyd veilig is om iemand van die teenoorgestelde geslag as vriend/vriendin te hê nie en jy moet mooi dink wat jy alles vir hierdie persoon vertel. Jy moet dit eerder vir jou huweliksmaat vertel.
  • Dat jy defnitiewe grense in die werksplek moet stel.
  • Dat ons ons huwelike opwindend moet hou.
  • Deursigtigheid, veral wat ons selfone en rekenaars aanbetref. Huweliksmaats behoort nie geheime te hê nie.
  • Ekstra versigtigheid in weerlose tye.
  • Goeie kommunikasie tussen huweliksmaats, ook oor verleiding.
  • Moenie naïef wees en die krag van ‘n verleier onderskat nie.

Ook ek het nodig om aan ‘n paar van hierdie sakies aandag te gee, ‘n mens verval so maklik in ‘n groef.

Ek daag vir ons uit: Kom ons maak 2019 ‘n uitsonderlike jaar waarin ons ekstra hard werk aan ons huwelike. Kom ons maak ons swak huwelike goed, ons goeie huwelike beter en ons baie goeie huwelike uitsonderlik. Kom ons versamel memento’s, goeie herinneringe van saamwees en plesier tussen ons en ons huweliksmaats. Dis die grootste geskenk wat ons aan onsself en ook ons kinders, ons ouers, ons familie en vriende kan gee. Kom ons bou huwelike wat God eer.

Groetnis

Toortsie

#Jusjojan

memento

Jack of all trades

Jack of all trades, Master of none. Dit beskryf my perfek. Dis hoe my persoonlikheid is, besig met 14 goed gelyk en daarom is dit vir my onmoontlik om in een ding regtig ‘n meester te word, die heel beste in die wêreld.

Ja, ek het baie belangstellings en dis onmoontlik vir my om net aan een ding aandag te gee en dit te behou.

Gedurende ons heerlike rusvakansie by die see in Desember was dit hoofsaaklik net ek en my man daar en soms het ons by vriende gaan kuier of hulle by ons. My tydverdryf was eet, slaap, stap, lees en brei. Aan die einde moes ek keer teen depressie! Vriende opsoek het my gelukkig daagliks teen depressie gehelp keer.

Die redding het gekom toe my man ‘n emmervol tamaties by die huis aanbring wat ek toe verwerk het. Nou moet ek bysê, ek het baie boontjies en spinasie en pietersielie laat verlore gaan, juis omdat ek met vakansie was en nie wou werk nie! 😱

Jack of all trades. Oor jare het ek aan myself gewerk, kursusse gedoen in die verskillende belangstellings wat ek het, en vandag kan ek sê dat ek sekere vaardighede beslis al aangeleer het en ander weer verloor het, maar daar sal áltyd iemand beter wees by élkeen van die verskillende dinge wat ek kan doen.

Vir jare het dit my laat voel dat ek nie goed genoeg is nie, maar daarmee het ek gelukkig vrede gemaak. Ek is gelukkig in my vel, heeltemal tevrede om Jack of all trades te wees in die wete dat by elkeen van daardie goed werklike meesters is by wie ek kan leer en na wie ek kan opkyk.

Wie is jy? ‘n Jack, of ‘n meester?

Toortsie

Mooi dag!

JusJoJan

Persoon verantwoordelik vir hierdie ‘prompt‘.

My blog Jot#3

I started blogging in 2010 after I watched the movie, ‘Julie & Julia’ about a girl who had a cooking blog and thought that I wanted to try it.

At first I was totally addicted to it. I wanted to be in blogland all day, reading blogs and chatting with the other bloggers. Many days I felt guilty when I spent time on my blog.

Today I am glad about my blog. It is an inspirational blog in Afrikaans and lots of people find something encouraging to read there.

My own life changed since I started blogging. I have much more confidence, I grew in myself, I know myself better. Blogging changed how I think about certain things, it broaden my view.

Out of blogging came a lot of things that I am very proud of:

I had been on South African National TV once.

I published two cooking books in Afrikaans, the one was translated into English as well.

I wrote for an Agricultural electronic magazine, as well for the well known Afrikaans Christian’s Magazine, Finesse’s blog. One of my articles were published in the Finesse Magazine.

I also wrote articles for a slimming e-magazine. Some other e-magazine also published some of my blog posts.

The newest is that a Christian Publisher in South Africa asked me to advertise and revise some of their books on my Facebook and blog.

Since blogging, my electronic web also expanded and I have two Facebook pages: ‘Toortsie se Faceboekblad’ and ‘Toortsie se Bantingresepteboeke’. I am on Pinterest and Instagram.

Thanks to blogging, I met the nicest people, real people in real life. People with whom I can walk for life.

I love blogging. I love my blog. I love the interaction with other people. I love reading other people’s blogs.

I can recommend blogging with all my heart. Blogging enriched my life.

Toortsie.

JusJoJan

Die beste van 2018?

Dr Perry vra:

Eers kan ek net dink aan my kind se troue, maar hoe meer ek dink, hoe meer wonderlike dinge kom in my gedagtes op.

Ja, my kind het die liefde van sy lewe ontmoet en is getroud.

Iewers in ‘n uiters moeilike situasie het ‘n draaipunt gekom en ons kan begin vorentoe begin kyk, voetjie vir voetjie.

Ek kon baie op myself oefen met TPM (Transformation Prayer Ministry) en ook hier en daar op ‘n kliënt en ek kan net elke keer in verwondering staan as ek sien hoe God werk met elke persoon en elke situasie.

Stadig maar seker raak ek deel van sekere groepe op die dorp. Ons hou saam VLV, hekel saam, maak saam musiek, hou bybelstudie. Een groep wat my baie opgewonde maak, is die teedrinkers, wat so dan en wan by my huis teepartytjies hou, tog te lekker. Ek ís maar iemand wat daarvan hou om te ‘behoort’, en dis lekker om deel van hierdie groepe te wees.

In 2018 was ek bevoorreg om middagslapies sommer in die kar onder ‘n boom in die Kruger Wildtuin te geniet. 😎

Ek het in 2018 gesien hoe ‘n hele huis staangemaak word op ‘n skuins erf waarop daar net ‘n miershoop was.

Ek het God sien werk. Verskeie kere. Op verskeie plekke. Ek het Sy stem gehoor, met Hom gepraat en Hy met my. Dít is verseker die hoogtepunt van my jaar.

Groetnis

Toortsie

JustJoJan

Toortsie’s One liner Wednesday

2019, the year of new beginnings!

JusJoJan #2