Kleur kan verradelik wees.

Ek maak graag ingelegde uie, in ‘n mosterdsous. Slaphakskeentjies. Maar slaphakskeentjies is veronderstel om klein, heel uitjies te wees. Ek het ‘n resep vir rooi slaphakskeentjies, wat tamatiesous en rosyntjies inkom. Die een wat ek egter die graagste maak, is die een in die mosterdsous, ‘n resep wat ek baie jare gelede in die Landbouweekblad gekry het. Ek koop groot uie en sny dit in ringe, dit werk net so goed en gaan baie gouer as om honderde klein uitjies te moet afskil.

Die resep:

3 Kg uie, skil, kook sag, maar nie pap

Sous

9 eiers – klits goed

Voeg by eiers:  1 kg suiker, 7.5 ml sout, 30 ml mostertpoeier.

Maak 50 ml maizena (ek gebruik heelwat meer) aan met ‘n klein bietjie asyn en voeg by eiermengsel. Meng als tot suiker opgelos is.

Roer die res van die asyn (560 ml minus die bietjie wat jy gebruik het vir die maizena) in.

Verhit die mengsel stadig tot kookpunt. Laat prut tot die sous begin verdik. Roer deurentyd en wees versigtig dat die sous nie aanbrand nie, dit bevat baie suiker.

Voeg die uie by die sous en bottel warm.

Heerlik om vinnig by braaivleis uit te haal.

…….

Nou kom die kleurding.

Ek het pers uie present present gekry, ‘n hele sak vol 🙂

Skil die uie… 20150219_113905[1] en sny dit in skywe… 20150219_114353[1] Volg die res van die resep. Ek dink ek het die uie ‘n bietjie te vroeg ingegooi. Ek gooi ook altyd ekstra maizena by, en aan die einde dink ek ek het te veel gegooi! 😉

20150219_125141[1] 20150219_125745[1] Dit het sowaar ‘n PIENK skynsel, anders as die gewone geel weergawe… 20150301_134812[1] As jy jou oë toe maak, proe dit presies dieselfde, maar met oop oë wil jou brein aanmekaar dink dit proe pienk.  Interessant, die skeppies pienk uie is aansienlik kleiner as die skeppies geel uie…

Wys jou net!

Toorts

Op Pinterest sit ek skakels na ingelgde produkte. Dit sal so met tyd aangevul word.