Hoe bereken ek my tiende?

Die maklikste een om sy tiende te bereken, is seker iemand wat ‘n vasgestelde salaris per maand kry. Of, al is dit nie vasgestel nie, ‘n bedrag kry wat in sy rekening inbetaal word. Dan is dit baie maklik om dit te bereken – 10% daarvan!! ­čÖé

Maar wat maak die persoon wat sy eie besigheid het, wat dalk sommer uit die besigheid leef en nie noodwendig ‘n spesifieke bedrag kry wat hy sy inkomste kan noem nie? Wat maak die persoon wat jaar vir jaar nie noodwendig ‘n groot wins toon nie? Hoe bereken daardie persoon sy tiende?

Ek dink so iemand moet ‘n slag gaan sit en kyk wat is sy PERSOONLIKE uitgawes in ‘n maand. Hoeveel spandeer hy op homself/haarself? As jy dan daardie bedrag het, 1o% daarvan! Is dit uitvoerbaar?

Hoe gee jy jou dankoffer? Maandeliks of jaarliks? Dis my persoonlike ervaring dat as jy jaarliks gee, jy minder gee as wanneer jy maandeliks sou gee. ‘n Duisend rand per maand klink nie naastenby so erg soos R12000.00 eenmalig nie. Oorweeg dit.

Gee jy nie naastenby 10% nie? Dink dan daaraan of jy nie jou bydrae ‘n bietjie wil verhoog nie. Verhoog dit maandeliks tot jy by die 10% kom. En as jy reeds daar is, wat verhoed jou om nog meer te gee??

God het ‘n blymoedige gewer lief. Gee vir Hom met ‘n bly hart en ek belowe jou, Hy gaan jou se├źn!! Maar….. moenie gee met die hoop om iets terug te ontvang nie. Gee uit liefde, uit dankbaarheid…

So ‘n nagedagte of twee….. Ek het nog nooit die saak van ‘n tiende van jou tyd regtig oordink nie. Ek hoor nogals daarvan op verskeie plekke. Beteken dit dat ons 2.4 uur per dag met God se dinge besig moet wees? Kan iemand dit dalk vir my verduidelik?

en….. vandat my beursie tot bekering gekom het, gaan dit baie beter met my eie geloofslewe!! sommer net so terloops

Iets wat my nogals destyds oortuig het, was hierdie opmerking: “Ek ontvang eerder die Here se se├źn op 90 % van my inkomste, as om geen se├źn te kry op 100% nie.”….. ek was nog nooit NOOIT spyt oor my besluit nie. Nog nooit.

Toortsie

Toortsie se faceboekbladsy

 

Advertisements