Love comes softly – Janette Oke

Love comes softly is ‘n boek wat reeds in 1979 gepubliseer was, maar nou weer uitgegee is.

Dis ‘n pragtige storie van Marty en haar man, Clem, wat ‘n nuwe lewe wou begin op ‘n plaas in die Wilde Weste. ‘n Tragiese ongeluk laat haar alleen agter sommer nog met hulle aankoms daar.

Op haar man se begrafnis kry sy ‘n huweliksaanbod van ‘n wildvreemde man met ‘n klein dogtertjie.

In hierdie boek ervaar ek saam met Marty hoe sy haar pyn oor haar verlore man verwerk, hoe sy aanpas op die plaas, hoe sy en haar nuwe man mekaar begin leer ken, verstaan, krisisse verwerk en mekaar liefkry.

Ek leer ken ook vir Clark, ‘n saggeaarde Christenman met sy klein dogtertjie, Missy, wat net goeie bedoelings het, hardwerkend is en binne sy vermoë die beste vir sy gesin wil doen.

Dis ‘n boek waarmee ek kon assosieer. Ek verstaan van plaaslewe, van afhanklik wees van die natuur, van planne moet maak wanneer die krisis kom, van liefhê.

Ek het die boek baie geniet. Ek het nog nie voorheen een van Janette Oke se boeke gelees nie, maar sal beslis in die toekoms uitkyk vir nog van haar boeke.

Gaan lees gerus wat Seegogga oor hierdie selfde boek geskryf het.

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

‘n Lig van Hoop – Connilyn Cossette

‘n Lig van Hoop is die eerste boek van Connilyn Cossette wat ek lees en wat ‘n lekkerte was dit nie! Die boek het my aandag gegryp van die eerste bladsy af en dit behou tot die end.

Dis ‘n pragtige liefdesverhaal wat afspeel in die tyd van Josua. Op daardie stadium het die Israeliete al ‘n groot deel van Kanaän verower en die grond was verdeel tussen die stamme. Daar was egter nog ‘n groot gebied wat verower moes word. Gevaarlike tye.

Moriyah was ‘n Israeliese dogter, haar pa was ‘n Egiptenaar. Sy is gebore tydens die tyd van die Eksodus terwyl die Israeliete nog in die woestyn was. Sy moes al ‘n paar uitdagings in haar lewe oorkom en soos haar lewenspad verloop, het daar ook nuwes gekom. Het sy besef dat haar manier van oplossings dalk op daardie stadium die regtes gevoel, maar dat dit nie noodwendig altyd so reg was nie.

In hierdie boek lees ek verwerping, haat, woede, skaamte, maar ook opregtheid, liefde, getrouheid, lojaliteit. Moed. Waagmoed.

Connilyn Coseete kry dit reg om die spanningslyn tot aan die einde van die storie te behou. Sy hou die storie interessant en vol verrassings wat ‘n mens nie vooraf voorspel nie. Sy verlig die Israelitiese gebruik van asielstede, hoe dit werk, die reëls daaromtrent, die genade daaromtrent. Ons kry ook ‘n kykie oor gebruike van die Kanaäniete. Sonder dat dit in jou keel opgedruk word, sien jy ook Moriyah se verhouding met God raak, haar twyfel soms, die tye wanneer sy meer verwyderd is van Hom, maar ook hoe ‘n innige en diep verhouding met Hom groei.

Die boek is vertaal uit Engels, A Light on the Hill. Dis ‘n uitstekende vertaling.

Ek sal graag nog boeke van Connilyn Cossette wil lees. Ek beveel hierdie boek met ‘n oop gemoed aan.

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

‘n Boksvol kinderboeke

Sjoe! Wat ‘n lekker verrassing toe ek die CUM-boksie oopmaak! Kinderboeke galore!

Bybelstories vir GROOT kinders is ‘n pragboek. Kleurvol. Oulik. Met die mooiste tekeninge by. ‘n Kort storietjie op die een bladsy met die prentjie langsaan. Dis beslis ‘n boek wat kinders oor en oor sal deurblaai.

Gebede vir my dogtertjie en gebede vir my seuntjie is twee oulike boekies vir pappas en mammas, of oupas en oumas. Op elke dubbelblad is ‘n pragtige gebed vir jou kind en ‘n bybelvers daarmee saam. Ons kan nooit genoeg vir ons kinders bid nie en hierdie boekies gee vir ons leiding om wyer te bid as net ons normale versoeke.

God het ‘n antwoord daarvoor is ‘n dagstukkieboek om jou te help om alledaagse probleme op te los. Ek dink dis ‘n boek vir jong tieners. Vroeë hoërskool. Baie oulik. Die probleem word eers geskets. Dan kom die soeke na die oplossing deur ‘n bybelvers en ‘n paar vragies.

Oordenkings vir kinders is ook ‘n oulike dagstukkieboek, na my mening, vir hoërskoolleerders. Dit is geskoei op die normale dagstukkieboek wat bestaan uit ‘n bybelversie, bespreking en gebed. Aan die einde is daar ‘n ‘onthou die volgende’ wat so ‘n laaste gedagte gee, soos: ‘Alles wat ek het, kom van God af. Hy deel dit met my sodat ek dit met ander kan deel.’

My Lullabybel vir seuns en My Lullabybel vir dogters is twee hardebladboeke vir jonger laerskoolkinders. Dit bevat oulike gediggies, ‘n bybelversie en ook ‘n kort gebedjie op elke dubbelblad. Pragtige illustrasies.

Toortsie

My Kreatiewe Bybel vir Meisies

Ek is só opgewonde oor hierdie fantastiese Bybel wat in my skoot beland het! Baie, baie dankie, CUM. Dis ‘n spesiale Bybel wat vir ‘n spesiale meisie gereserveer word.

Ek dink enige tienermeisie sal mal wees hieroor. Die teks is dié van die Nuwe Lewende Vertaling, wat baie lekker lees. Dis nuut en vars.

Soms is daar oulike, kort gedagtetjies ingevoeg, of as die meisie wil, kan sy kreatief raak en haar kleurpenne uithaal. Ek hou ook baie van die idee dat daar amper oral plek is om notas te maak. Ai, ek kan my eie Bybel so volskryf!

Mooi, né?

Hierdie is beslis ‘n Bybel wat enige jongmeisie se hart sal verbly. Ek weet klaar wie hierdie een gaan kry.

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

Ek wil graag weet: Kan julle die foto’s sien? As ek op my foon kyk, is dit daar, as ek egter op my rekenaar kyk, is dit nie?

Oulike kinderboeke

Cum-boeke het regtig ‘n oulike versameling kinderboeke.

My eerste Bybel met Onthou-verse is ‘n oulike kartonbladboekie wat toeknip en het ‘n handvatsel om dit te dra. Dit lyk amper soos ‘n koffertjie. Baie oulik en kleurvol en ideaal vir die kleiner kind.

God is altyd by jou en God hoor wanneer jy bid is albei boekies deur Agnes en Salem de Bezenac. Dit is ook baie oulike boekies vir die kleiner kind.

Toortsie

Loer gerus HIER vir nog boekbeskrywings, of volg my by Pinterest, waar ek my boekbeskrywings lys.