Al hierdie slaaie is heerlik saam met braaivleis of enige ander kos.
Anne-Marie se pienk noedelslaai
Sous:
325ml kookolie
250 ml wit asyn
1 blikkie tamatiepuree (410g)
half kg gekapte uie
Sout, peper, Sweet Basil
500 ml suiker
Kook sous 15 min tot sag. Verdik met 2 tl maizena. Voeg 100 ml mayonnaise by. Gooi oor 500 g skulpnoedels, net sag gekook.
Bottel warm.
Die vrou wat die Tupperware verkoop het, se Appelring
4 groot groen appels, geskil en gerasper (werk vinnig, dit word bruin!!)
30 ml suurlemoensap
2 pakkies groenpruimjellie
1 blik fyn pynappel
kersies en neute
Maak jellie aan met pynappelsap en vul aan tot 500 ml kookwater. Laat afkoel. Voeg res van die bestanddele by en meng deur. Giet in Jel-ring en laat stol.
………………………………………………………………………………………………………….
My skoonma se Beet Blatjang
500 ml asyn
750 ml suker
6 k gaar beet, geskil en in blokkies gesny
2 groot uie, fyn gekap
15 ml kerriepoeier
5 ml sout
45 ml maizena, aangemaak met ‘n bietjie koue water
Meng suiker en asyn saam in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte, roer totdat suiker opgelos is voor dit begin kook. Bring tot kookpunt en voeg beet en uie by. Laat prut vir 10 minute. Voeg die kerriepoeier en sout by en laat prut vir nog 5 minute. Voeg Maizena by en kook goed deur.
Bottel warm.
Dis nou eers genoeg. Lekker eet! Eet is ALTYD lekker! (Vra my, ek weet!) 🙂
Loer by Pinterest vir meer resepte waarna ek verwys.
O ja, net so ‘n na-gedagte. Ek het ‘n koerant gehaal. Die Suidernuus, plaaslike koerant van ‘n klompie dorpe hier aan die Suidpunt. Oor my skryfsel oor die ontstaan van die Voet van Afrika-Marathon. Darem niks leliks nie, ek is net aangehaal. Dog ek wou net sê, dis nie iets wat aldag met my gebeur nie. 😉 ❗ 😆 🙂 YES!!!
Groetnis,
Toortsie
Ns. Al bogenoemde resepte kom uit my lewe VOOR BANTING. Nie een van hierdie resepte is geskik vir die Bantingleefstyl nie.
Toortsie by Finesse: Saam-saam
Toortsie se Faceboekpage