Toortsie se Bantingspyskaart -Dag 12

Dit was gister ‘n luilekker Sondag en my spyskaart vir die dag het só gelyk:

Vroegoggend in die bed: Dubbelroomjoghurt met ‘n klein piesang daarin opgesny. (Hier’s die Toorsie weer!)

 

Ontbyt: 2 eiers (Daar moes mos nog ‘n tamatie of iets ook by wees!)

Middagete:

Braaivleis. Skilpadjies (lewer in netvet) vir voorgereg.

Skaaptjoppies en ‘n heerlike mengelslaai met kropslaai, tamatie, komkommer, avo, feta, en nog ‘n paar lekker dinge daarin.

Laatmiddagversnapering: Die vinnige roomkaastert uit Toortsie se Bantingboerekos.

Aandete: Kool- en Tunaslaai uit Toortsie se Bantingboerekos. (As jy dit nog nie gemaak het nie, maak dit gerus. Dis heerlik en verfrissend.)

 

Toortsie se Banting resepteboeke is tans teen ‘n spesiale prys beskikbaar as julle direk by my bestel.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Advertisements

Toortsie se Bantingspyskaart dag 10

Toortsie glo nie aan die vermorsing van kos nie en dit wat vandag oorbly, kan gewoonlik gehou word vir die volgende dag. Soms het ons ‘n dag nodig om al die oorskiet op te eet. Geld groei nie op ons rûe nie en ons kan nie met kos mors nie. Ons woon in ‘n land waar hongersnood ‘n realiteit is. U sal dus baie keer by Toortsie se Bantingspyskaarte iets kry wat oorgebly het van die vorige dag.

Ontbyt:

Gebakte eiers met sampioensous uit Toortsie se Bantingboerekos.

Tamatie

Middagete:

Panpizza uit Hier’s die Toortsie weer!

Aandete:

Hoender

Gemengde groente

Mengelslaai

Kool- en wortelslaai uit Hier’s die Toortsie weer!

Groete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Netwerk 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Toortsie se Bantingspyskaart dag 9

Ontbyt:

Gebakte eiers, avokado en tamatie

Middagete:

Gebraaide biefstuk

Sampioensous soos in Toortsie se Bantingboerekos

Vars slaai met kropslaai, tamatie, komkommer, avo, olywe, gekookte eier, feta en mayonnaise

Aandete:

Mosselslaai soos in Hier’s die Toortsie weer!

Laatmiddageetding: Dubbelroomjoghurt en aarbeie en bloubessies.

Pekanneute vir tussenin.

Hou die oorskiet sampioensous vir môre se ontbyt.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Toortsie se Bantingspyskaart Dag 7

Al hoe meer kere kry ek die versoek: Het ek nie uitgewerkte spyskaarte nie? En nee, ek het nie regtig so iets nie. Ek volg die Bantingreëls en binne die raamwerk van hierdie reëls maak ek eintlik net wat ek wil.

Wat ek dus hier probeer doen, is om neer te skryf wat ek op ‘n dag eet, en sodoende dalk iemand hierdeur te help. Hierdie spyskaarte is nie in yster gegiet nie en sou u dit wou navolg, mag u te enige tyd enige van hierdie kosse vervang met enige iets anders wat toelaatbaar is vir die Bantingleefstyl. U mag u etes vir die dag ook omruil en onthou, die ou Bantingreël geld steeds: Groente by elke ete. Ons eet slegs wanneer ons honger is en net soveel soos ons liggaam vra.

Ontbyt:

Roereier, boerewors en tamatie

Middagete:

Hoenderslaai, wat basies ‘n Griekse slaai is, met hoenderstukkies daarby, en balsamiese asyn en olyfolie bo-oor gegooi.

Aandete:

Beesstert, soos in Hier’s die Toortsie weer!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Toortsie se Bantingspyskaart dag 6

Ons kuier in die Karoo envandag se etes is vol Karoogasvryheid en liefde.

Laat ontbyt/vroeg middagete:

Karoo roereier wat geklits is met gebraaide uie en groenpeper en room. Daarmee saam ‘n vars slaai en die orige braaivleis en sosaties van die vorige dag.

Aandete:

Ontbeende skaapboud

Springbokfillet met gebraaide uie en hoenderlewer. Dis iets uit ‘n ander wêreld.

Broccolislaai uit Toortsie se Bantingboerekos.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap