Ja, uiteindelik! My skryfwerk aan Toortsie 3, is dit nie? is sowaar K L A A R !!! Genade, ja genadetjie ons! Weet julle dat die resepte al in O K T O B E R verlede jaar klaar was en dat die foto’s op 26 Oktober 2020 reeds klaar geneem was? Ek moes nog net so twee of drie van die reseppies weer toets om seker te maak dat dit reg is. En dan moes ek die voorwoord skryf …
Maar toe gebeur die lewe. En ek was oorbesig. Heeltemal te besig. En daar het baie dingetjies gebeur wat my aandag geverg het, dingetjies wat eers moes klaar kry. En dan was die lus ook sekerlik nie altyd daar nie. Op die ou end was daar letterlik ‘n dag se werk oor.
So dames en here, so tussendeur my totale gekuier en geklets by die magiese Rebusfontein vandag, ‘n mens sou sweer ek het miljoene woorde present gekry wat net vandag moes gebeur … het ek die werk voltooi.
So Toortsie 3, is dit nie? is nou gestuur na die proefleser, die foto’s en inhoudsopgawe is by Joe-Marie wat die uiteensetting van die boek gaan doen en dan moet ek dit natuurlik nog ‘n honderd keer deurgaan voordat dit na die drukkers gaan …
Ons is daar!

Toortsie