Toortsie se Bantingspyskaart Dag 7

Al hoe meer kere kry ek die versoek: Het ek nie uitgewerkte spyskaarte nie? En nee, ek het nie regtig so iets nie. Ek volg die Bantingreëls en binne die raamwerk van hierdie reëls maak ek eintlik net wat ek wil.

Wat ek dus hier probeer doen, is om neer te skryf wat ek op ‘n dag eet, en sodoende dalk iemand hierdeur te help. Hierdie spyskaarte is nie in yster gegiet nie en sou u dit wou navolg, mag u te enige tyd enige van hierdie kosse vervang met enige iets anders wat toelaatbaar is vir die Bantingleefstyl. U mag u etes vir die dag ook omruil en onthou, die ou Bantingreël geld steeds: Groente by elke ete. Ons eet slegs wanneer ons honger is en net soveel soos ons liggaam vra.

Ontbyt:

Roereier, boerewors en tamatie

Middagete:

Hoenderslaai, wat basies ‘n Griekse slaai is, met hoenderstukkies daarby, en balsamiese asyn en olyfolie bo-oor gegooi.

Aandete:

Beesstert, soos in Hier’s die Toortsie weer!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Toortsie se Bantingspyskaart dag 6

Ons kuier in die Karoo envandag se etes is vol Karoogasvryheid en liefde.

Laat ontbyt/vroeg middagete:

Karoo roereier wat geklits is met gebraaide uie en groenpeper en room. Daarmee saam ‘n vars slaai en die orige braaivleis en sosaties van die vorige dag.

Aandete:

Ontbeende skaapboud

Springbokfillet met gebraaide uie en hoenderlewer. Dis iets uit ‘n ander wêreld.

Broccolislaai uit Toortsie se Bantingboerekos.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Toortsie se Bantingspyskaart dag 5

Vir diegene wat nie so lief is vir eiers nie, is daar vandag ‘n eierlose ontbyt soos verskyn in Hier’s die Toortsie weer!

Ontbyt:

‘n Hele avokado, ontpit en geskil, met ongegeurde, dubbelroomjoghurt, xylitol, aarbeie en bloubessies en komkommerskyfies.

Middagete: Piekniek met gekookte eiers, wors, kaas, neute, tamaties en komkommer.

Aandete: Op die kole gebraaide hoendersosaties en skaaptjops en mengelslaai.

Lekker eet!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Toortsie se Bantingspyskaart -Dag 4

Vandag begin die Toortsie by die stoutigheid, by die aarbeiroomkaastert wat ek gister gemaak het. As hier so iets in die huis is, eet ek aanmekaar daarvan tot dit op is. Wie het in elk geval gesê dis nie kos nie? Dis dan roomkaas en room en neute en aarbeie?

Nou ja, julle sou mos die kaaskoek in Toortsie se Bantingboerekos maak in die plek daarvan.

Ontbyt:

2 gebakte eiers en tamatie.

Middagete:

Broccoli- en speksop uit Toortsie se Bantingboerekos

Aandete:

Op die vuur gebraaide skaapribbetjie. Jy kan dit natuurlik in die oond ook gaarmaak, kyk in Toortsie se Bantingboerekos.

Vars slaai met kropslaai, tamatie, komkommer, gherkins, olywe, bloubessies, fetakaas en wat jy ook nog wil bysit.

Daar is ook nog ‘n bietjie kool- en appelslaai oor wat sommer nou bedien word.

Lekker eet!

Bantinggroete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Toortsie se Bantingspyskaart – Dag 3

Toortsie glo nie aan die vermorsing van kos nie en dit wat vandag oorbly, kan gewoonlik gehou word vir die volgende dag. Dit verlig die werklas baie as jy een maal genoeg maak en van die kos die volgende dag gebruik kan word.

Ontbyt:

Gebakte eiers met gerasperde kaas bo-oor gestrooi.

Tamatiewiggies.

Middagete:

Die oorskiet boontjies en kool-en appelslaai van die vorige dag, uit Toortsie se Bantingboerekos.

Aandete:

Gemengde groentebredie uit Toortsie se Bantingboerekos.

As nagereg: Aarbeiroomkaastert wat moontlik eers eendag in Toortsie 3 sal verskyn. Ek stel voor dat u intussen maar een van die ander soetighede in Toortsie se Bantingboerekos kan maak en geniet.

Peuselhappies deur die dag: Salami

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap