Toortsie se goedvoelstorie nr 18 – ‘n Spinnekop het my gebyt

Hierdie het iewers in verlede jaar by Finesse se goedvoelblogs verskyn.

‘n Spinnekop het my gebyt!

Hierdie is vir my ‘n saak van soveel erns dat ek voel om ‘n week se goedvoelskrywe op te offer hiervoor. In elk geval, as ‘n spinnekop jou byt en jy nie die nodige aandag hieraan gee nie, gaan jy nie goed voel nie, dis verseker!

‘n Kleine spinnekoppie, moontlik ‘n sakspinnekop, het my gebyt. Aanvanklik was dit net ‘n ou plekkie, ‘n rooi plekkie, niks om oor huistoe te skryf nie. ‘n Dag later was dit ‘n bietjie groter rooi plekkie, effens harderig, steeds niks om oor bekommerd te wees nie. Skielik begin dit te swel en daagliks raak die swelling meer, die harde plek harder, al hoe meer skakerings van rooi kom te voorskyn en dit pyn, pyn, pyn.

Op ‘n stadium het ek besef dat dit nie self gaan regkom nie, dis dokter toe met my! Wat sal die dokter my vertel? Dat ‘n sakspinnekop se gif sitotoksies is en die selle en weefsel afbreek. Hierdie artikel (http://www.netwerk24.com/Nuus/Man-geopereer-na-byt-van-n-sakspinnekop-20140507) skryf dat die gif van ‘n sakspinnekop met dié van ‘n pofadder vergelyk word. Ek glo, as dit lank genoeg gelos word, dit sal lei tot die dood.

Ek het dit relatief ‘gelukkig’ getref, hy het my op my maag gebyt, so dit sal hopelik nie ‘n lelike letsel laat nie. Ek is redelik betyds dokter toe en is intensief behandel met binne-aardse antibiotika wat daagliks oor ‘n tydperk toegedien is, skokbehandeling wat gou gewerk het. ‘n Operasietjie moes ook uitgevoer word om die werking van die gif te stop.

Hoekom hierdie skrywe? Asseblief, mense, moet onder geen omstandighede ‘n spinnekopbyt onderskat nie, veral nie dié van ‘n klein, onskuldige, deurskynende spinnekoppie nie. As jy sien dat dit vererger, gaan so gou as moontlik dokter toe, hoe gouer, hoe beter. Asseblief, ter wille van jou eie gesondheid en jou eie ‘goedvoel’!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

skoolkar

Eendag toe klim ek en my dogter in ons kar om haar skool toe te neem. Met die wegtrek sien ek ‘n bobbejaanspinnekop op die voorruit!! eeeeeeeeeeeeeeeeeeeekkkkkkkkkkkkkkkkkkkkkkkkk!!  Gelukkig was hy aan die BUITEKANT! 😯 ……………………. wonder wat sou gebeur as hy in die BINNEKANT was??? Hoop nie ek vind gou uit nie.

Daardie spinnekop het bly sit op daardie voorruit….. 40 km/h……50 km/h….. 60 km/h…..70 km/h!! Ek kan nie onthou of hy by 70 afgewaai het of eers by 90km/h nie.

sjoe!

Toortsie

Dit was sommer net terloops, vir hulle wat verstaan hoe ek voel. 🙂 Net terloops. Ja. Terloops. Hoop die spinnekoppe loops ook … weg!

As daar iets is wat Faceboek aan die roer kry…

… hier in ons geweste, is dit… REëN! Reën maak dat mense wie nooit op faceboek skryf nie, skielik begin skryf en saamgesels.

Hierdie keer het dit al ‘n paar dae voor die tyd begin… die opbou tot die reën… die verwagting… die hoop… die opwinding. Ons sien dinge in die natuur wat vir ons vertel dat reën op pad is. Die laaste tyd is ons oorval met krieke. Oorval stel dit liggies. Een aand sê my man: Dis soos ‘n pad soos die krieke onder deur die deur loop. Pikswart. Elke oggend moet ons honderde, duisende krieke optel. Saans voor ek bad moet die krieke eers uitgespoel en weggewas word…. grrrrrr… en dan is daar mos my Groot Vriend… ek ken hom as ‘n bobbejaanspinnekop, deesdae hoor ek dis ‘n reënspinnekop… maar ewenwel, wat sy naam ook al is…

Weet julle, my man is WONDERLIK! Veral die laaste paar dae het hy homself oortref. Om elke hoek en draai sit my pel. Dan sê ek net hy moet kyk, daar sit een, en dan verwyder hy hom sonder ‘n spier wat rek. Of ek gil. Of skree. Of sê hard en duidelik AAAAAAAAA of OOOOOOO… hy verstaan. Gisteraand by die bybelstudie was dit weer so. Eintlik het ek hom al Donderdag in die hoek sien sit toe ons op pad uit was, en ek dog toe dat hy maar solank moet sit, maar wáár gaan hy nou weer sy gesig wys? Net toe ‘n vriendin, wie ek ook vermoed grillerig is, op haar stoel wil gaan sit, sit Ta toe reg agter haar teen die muur. Oeeeeeeeee!!!! raas ek. Toe sê pappa nogals dat hy nou begin g-vol raak… (Jammer om van sy probleem te hoor!)

Gister toe ek saam met manlief ry op die plaas, merk hy op dat die skilpaaie loop, blykbaar ook ‘n teken van reën. (Ek het dit nie geweet nie.) Ek weet dat as jy skielik meer slange oor die pad sien loop…

‘n Vriendin het my geleer dat die water in die toilet min is voor dit gaan reën. Het julle dit al opgemerk?

VANNAG het dit HEERLIK gereën. Blykbaar is dit op verskillende weervoorspellings genoem. Ek volg nie die weervoorspellings nie, so ek sal nou nie weet nie. Blykbaar, as sekere voorspellers saamstem, is hier ‘n groot kans vir reën. Het julle geweet dat dit glo verskriklik moeilik is om die weer spesifiek hier by ons te voorspel? Blykbaar het dit te doen met ‘n klein ou bergie vir wie ons baie lief is, Potberg, wat die probleme veroorsaak.

En danksy die reën, gons faceboek! 😆

Ag, dis lekker om te lewe! Dag 52 van 100

Die geheim is: Leer om te dans in die reën!! 

Toorts

Ns. Wie gee nou regtig om as die dak plek-plek lek en orals nat handdoeke op die vloere lê? Dit lek tog net as dit reën!!

die duiwel is listig

Ek weet nie of dit Sherlock Holmes se fliek was, of die boek wat ek aan die lees is nie, maar gisteraand slaaptyd was my gedagtes weer oortyd aan die gang. Oor plaasmoorde, maar eintlik eerder oor plaasbesettings. Iemand het een keer vir my vertel hoe sy ma 24 uur gehad het om die plaas te ontruim. Sy pa was nie by die huis nie en sy moes beeste wegry, ens. Nouja, angsbevange en hartkloppende het ek toe gebid dat God my rustig sal kry. Sien, ek gebruik mos eintlik volstruispolitiek. ‘n Nr 7 vermy eerder pyn, so eintlik verkies ek om glad nie aan sulke dinge te dink nie. Dit ontstel my net en wat kan ek daaraan doen? Niks. Op die aarde, niks. So waarom daaroor worrie? Ek het toe maar rustige gedink wat ek in my kar moet laai. Wel, as ek nog my hond ook moet inlaai, is daar regtig net plek vir ‘n koffer klere en my paspoort en my rekenaar, die boekie met die passwords. My splinternuwe klavier sal maar moet agterbly… tsk. Sal daar plek wees vir my kitaar?

Die volgende onthou ek met ‘n ruk deur my hele lyf: Ons was op Struisbaai die naweek en die krag was vandag heeldag af. DIE KETEL IS AAN! Eers het ek gelê en bekommer oor die oondknoppies wat my kleinkind gedraai het, maar gelukkig sit ek die oond by die kragboks af. Maar die KETEL! Die kragproppe word nie afgesit nie ter wille van die yskas en die alarm!! Net daar maak ek my man wakker, en sy antwoord: “Die ketel sal kook en afskakel.”  Ons het van die ketel se water gebruik om ‘n bababottel warm te maak en nie weer nuwe water ingegooi nie. Dit kan DROOGKOOK as die deksel nie behoorlik toe is nie. DIE HUIS KAN AFBRAND! en ek het ‘n VUURFOBIE wat selfs erger is as my SPINNEKOPFOBIE! Ek onthou dat ek op faceboek gesien het ‘n Struisbaaier het geskryf dat die krag aangegaan het. Toe moes ek eers uitvind WANNEER die krag aangegaan het, maar ek het my fb password verander. Terug kantoor toe om die password te kry… die krag was reeds 6 ure gelede aangesit. As die huis sou afbrand, sou dit seker al gebeur het. Ek kan in elk geval NOU NIKS DAARAAN DOEN NIE!! Gaan slaap nou!!

Net geslaap, toe sien ek ‘n spinnekop wat soos ‘n langbeenspinnekop (Daddy Long Legs) lyk, maar nie is nie, in my kombers! Dit MOET ‘n VIOOLSPINNEKOP wees. Ek het nog nooit een gesien nie, maar waar hy byt is dit GROOT moeilikheid. Vlie uit die bed uit, ruk die kombers af, skud dit goed uit, kry nie die spinnekop nie… (Pappa het net rustig aangeslaap… 😉 )

Nou kan ek nie onthou nie… het ek die spinnekop gesien VOOR ek die lig aangesit het, of daarná???

Wyk Satan!!

😦

hoekom-is-ek-so-moeg-vanoggend-toorts

pas getroud

Ons was nie lank getroud nie, toe kry ek en my man die aand in die bed stry… ek vlie op met die woorde: “Ek slaap nie by jou nie!”…. maaaaaarrrrrrr bokant die kamerdeur sit TA toe lewensgroot….

…….

ek het maar in my eie bedjie geslaap!! 😆

……………

….

(en so red ‘n spinnekop toe ons huwelik!!)

genietmaardieoombliksaammetmytoorts