Die pennie wat val. Of die kloutjie by die oor bring. Kyk, dis nie sommer ‘n gegewe dat ek iets gaan kliek nie. En as ek die slag iets kliek, is dit ook nie noodwendig dat my kliek die regte kliek is nie.
Ons besoek die Titanic museum in Belfast. Wat ‘n lieflike plek. Uitstekend gedoen! Hul begin met Belfast se geskiedenis en hoe die mense op ‘n stadium daarheen gestroom het om werk te soek. Die industriële revolusie. Die fabrieke. Linne fabrieke. Belfast linne. BELFAST LINNE!
EK BORDUUR MET BELFAST LINNE! Pieng!, val die pennie. Dis HIER waar my uiters duur linne vandaan kom!

Linne word van vlas gemaak. Pieng! Vlassade. Flax seed. Wat ek eet.
Ons beweeg aan in die wonderlike museum wat gebou is op die presiese plek waar die Titanic gebou is. Ons sien van die presiese toerusting wat gebruik is. Ons ervaar hoe die boot te water gelaat is. Ek leer dat daar omtrent vir nog 480 mense plek was op reddingsbote (ongebruikte plekke). Dat die eerste reddingsbote net 12 mense opgehad het terwyl dit meer as 30 kon vat. Dat hul nie die ysberg waarskuwings gehoor het nie omdat die telekse oorvol was van mense in die eersteklas wat boodskappe uitgestuur het. Dat daar nie 24 uur mense op diens was wat inkomende boodskappe moes ontvang nie. Dat …
Manlief vra vir my: “Wat het jy geleer?” Ek: “Dat ons NOU ‘n linnefabriek moet loop soek. Sjoe! Ek betaal baie honderde rande vir ‘n meter borduurlap in Suid-Afrika en hier is ons nou op die plek waar dit gemaak word.” En hy? Dat die Titanic inderdaad in Belfast gebou is en nie in Liverpool soos iemand genoem het nie.
Ons soek ‘n materiaal winkel. Besluit vooraf dat ons nie heeldag gaan soek nie, net een winkel en dan moet ons verder ry. Die dame het nog nooit van 28 draad borduurlap gehoor nie. Al wat sy het, is 3 rolle sintetiese lap, 14 draad Aïda.
Ag wat. Dan koop ek maar weer Belfast linne in Suid-Afrika. Sy sê daar is nie meer linnefabrieke in Belfast nie. As ek reg onthou, was daar een nie te ver van die Titanic af nie, maar my pennie het bietjie skeef geval.
En nou twyfel ek. Ís dit ooit Belfast linne wat ek gebruik?
Toortsie
Ag te dierbaar, dat jy nou so aan Belfast linne twyfel. Het bietjie dr google opgekyk – Die Belfast linne word in Duitsland gemaak. Dit kos hier $33 n meter.
LikeLiked by 1 person
Dankie! Dis seker oorspronklik in Belfast gemaak en hulle het die resep nagemaak. Ek kan nie onthou of ek R600 of R800 per meter betaal het nie. Ek dink regtig dit was nader aan R800. En dan het die fynheid van die lap ook ‘n invloed op die prys. Ek dink 32 count is duurder as 28 count. Ons kry net wit in SA. Of dit is waartoe ek in SA toegang het. In Australië kry jy gekleurde lap. Ek slyp al my tande daarvoor! Intussen het ek ‘n pienk lap wat ek nou wil bewerk.
LikeLike
Die waarvan ek praat 32 count. Kry dit nogal ook by ‘n “supermark” wat materiaal alle kuns en naaldwerk goed, huis linne, komberse, kombuisware verkoop.
LikeLiked by 1 person
Is dit in verskillende kleure beskikbaar of net wit?
LikeLike
Moet eers regstel dis nie per meter nie. Dis lyk my fat quarters. Dit is in verskillende kleure. Hiers ‘n ander winkel wat mooi die kleure gee en ook goedkoper as daardie super winkel is.https://theembroiderer.co.nz/products/belfast-32-count
LikeLike
Ja fat quarter. Dit bly maar duur, né.
LikeLike
Beslis duur. Was nog maar altyd duur om borduurmateriaal te koop. En dan is dit ook net klein stukkies ook.
LikeLiked by 1 person
Jip
LikeLiked by 1 person
Klink my wel of ek nie op Belfast werk nie, maar iets anders. 😅
LikeLike
I see, maar aan die prys wat jy seker moet betaal staan dit nie ver terug nie klink dit my.
LikeLiked by 1 person
Nee wat, dis maar net die tekstuur wat verskil, dink ek.
LikeLike
Ja wat en so maak vervaardigers geld om dit verskillend te maak.
LikeLiked by 1 person
Net so!
LikeLiked by 1 person
Interessant!
LikeLike
Hierdie was nou ñ heel interessante skrywe, Toortsie.
LikeLike
Ek het dit regtig geniet. Dis nie sommer net ‘n museum nie. Dis lewendig.
LikeLiked by 1 person
Lyk my jy gaan heelwat wyser terug kom. Geniet dit en pen maar neer, die onthouers is mos nie meer wat hulle was nie.
LikeLiked by 1 person
Nee,nee, hulle is nie. En mens moet eintlik élke dag neerskryf, want selfs dan werk hulle (die onthouers) nie meer so goed nie.
LikeLike