Een dag in die stad is genoeg. Dít sê ek tien oor nege die oggend al terwyl ons in die verkeer sit en die dag lê nog voor. Dankie tog dat ek nie bestuur nie en kan sit en konsentreer op my hekelwerk.
Ons moet oor ‘n uur by ons bestemming wees wat nie soveel kilometers is nie en glo darem dat ons betyds sal wees. Alhoewel… teen tien kilometer per uur is stap dalk die beter opsie!
Dankie tog vir koerierdienste. Dankie tog vir internetbestellings wat ons lewens soveel makliker gemaak het. Wat help dat ons nie vir elke bakatel hoef stad toe te ry nie. Wat beteken dat elke pakkie op die koerier se bussie eintlik ‘n hele voertuig minder op die pad is. En die taxi’s wil ‘n mens moedeloos maak. Hul druk eenvoudig net in. Maar sê nou elkeen van daardie mense het ook nog in ‘n kar op sy eie gesit? Hoe het dit dan gelyk?
Maar soms, net soms, is dit wel nodig dat jy stad toe moet gaan. As kind was ek bang vir die middestad. As jongmens was dit ‘n opwindende dag as ek sou stad toe kom. Maar vandag? Net as dit regtig nodig is.
En tog hou ek daarvan om die stede van die wêreld te kan besoek. Iemand vra my nou die dag, in watter wêreldstad sal ek graag wil woon. Ek slaan ‘n ‘blank’. Wêreldstad? Nog nooit só daaroor gedink nie! Enige plek, solank ek net veilig voel. So ‘n rukkie later antwoord ek weer: Enige plek, maar verkieslik ‘n kleiner plattelandse dorp. Ek glo dat ek, as ek my die tyd sal gun, sal kan aanpas op enige plattelandse dorp. Ek sal die handwerkdames loop uitsnuffel en vra of ek deel van hulle mag word.
Maar vir eers bly ek net waar ek is en ek hoop dat die Here dit vir my moontlik sal maak om nog laaaaank daar te mag bly.
Toortsie
Ek voel nes jy oor stad toe gaan, Toortsie. Mag ek asb net by die huis bly. Watter wêreldstad? Sê bietjie in watter Europese land jy jouself kan sien.
LikeLiked by 1 person
Dalk die Hollanders of die Grieke. Dalk Italiaanse platteland? Waar sal jy inpas?
LikeLiked by 1 person
Ek was nog net in Italië, so ek het geen mening oor Europa nie. Suid-Oos Asië? Tussen Kambodja, Hong-Kong, Singapore, Thailand, Maleisië en Indonesië, wen Bangkok loshande. Ja sowaar, Bangkok van alle plekke. Wens so ek kan eendag weer daar uitkom.
LikeLiked by 1 person
Ek hou vir jou duimvas. Wie weet waar jy dalk nog eendag uitkom?
LikeLiked by 1 person
Die boek wat ek nou lees laat my dink ek sal dalk van Vienna hou? Jy was mos al daar?
LikeLiked by 1 person
Ja dis mooi en romanties. Ek wil weer soontoe gaan.
LikeLiked by 1 person
I am not a city person at all. Ten minutes in a large shopping mall and I am ready to flee from the people, the smells, the loud muzak, the dirt, and the overwhelming options.
LikeLiked by 1 person
Ja en in die middestad is daar ander geluide wat my kleintyd al bang gemaak het. Toe het hulle baie gebou daar. Metaal wat val. Masjiene. Neeee!
LikeLiked by 1 person
Kyk ek stem, alhoewel ek elke dag die stad moet doen, soms tot 2ure in die verkeer, ja sug! Maar so bly ek woon op n plaas. Stad is ook nie vir my nie
LikeLiked by 1 person
Sterkte vir daardie stadsverkeer
LikeLike
Ek’s met jou Toortsie – as ek kan, hou ek ver verby die stad! Die Kaap is so mooi vir my … maar na ‘n dag of drie is ek reg om platteland toe te wyk! Hoe gaan daai liedjie: “As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad ….”
LikeLiked by 1 person
Absoluut. En ‘n naweek in due Kaap is heerlik as jy die lekker goed doen.
LikeLiked by 1 person
Ek is ook n kleindorpiemens
LikeLiked by 1 person
Jajaaa 😀❤️
LikeLike
Ek was in my lewe al in STAD (Johannesburg en Pretoria) en in erge platteland… nee, eintlik bos. Die gejaag in die stad en baie verkeer, is nie lekker nie. Maar wat die bly deel betref, stem ek saam met jou… net waar ek veilig kan slaap. Uiteindelik, het ek gevind, is mens gelukkig waar jy is, as jy in jouself gelukkig is. ‘n Voorstad in ‘n stad, word later soos ‘n klein gemeenskappie… soos ‘n klein dorpie, met die voordeel van dokters en winkels om die hoek.
LikeLiked by 1 person
Ja ek het ook al ervaar dat in voorstede die mense tog ken soos in ‘n dirpie. Ek stem saam, jy moet in jouself gelukkig wees. Dís die geheim.
LikeLiked by 1 person